Local newsNews

Nuwe gevalle in provinsie; DA vra vir vlak 2

Die Covid-19-infeksiesyfer in Limpopo het sedert Maandag 18 Mei skerp gestyg nadat ’n groep werknemers by die Marula-platinummyn naby Burgersfort positief getoets het.

Die myn het tot dusver 19 positiewe gevalle aangeteken en het vir eers produksie gestaak.

Teen Maandag het Limpopo 89 positiewe gevalle sedert die begin van die uitbraak aangeteken. Drie mense het gesterf en 37 mense het reeds herstel. Daar is 50 aktiewe gevalle, het Thilivhali Muavha, woordvoerder van die department van gesondheid, gesê.

Daar is tans 11 akteiwe gevalle in die Waterberg-distrik. Sewe van die gevalle is in Lephalale, een in Mogalakwena en drie in Thabazimbi.

 

ADVERTENSIE/ADVERTISEMENT

 

Die provinsie se nuutste syfers toon dat daar sewe mense in Polokwane is wat tans Covid-19 onder lede het, 30 mense in die Fetakgomo-streek in Sekhuhkune (dit sluit die Marula-myn se werknemers in) en een geval in Giyani. Een van die mense wat in Limpopo positief getoets het, was op reis tussen provinsies.

Volgens die department van gesondheid sal 13 gesondheidsorgwerkers wat van Kuba afkomstig is, in die provinsie diens doen. Die groep bestaan uit agt gesinspraktisyns, drie gesondheidstegnoloë, ’n epidemioloog en ’n biostatistikus. Die departement het gesê hulle het veral gesukkel om die laaste twee spesialiste op te spoor. Dié twee medici sal glo ’n belangrike rol speel om te bepaal hoe die provnsie se mense op die pandemie reageer.

Die Demokratiese Alliansie in Limpopo het vandeesweek aangedui dat hulle premier Chupu Mathabatha sal versoek dat die provinsie na vlak twee skuif sodat alle ekonomiese aktiwiteite kan voortgaan.

Volgens die party se provinsiale leier, Jacques Smalle, is hulle bekommerd dat die werkloosheidsyfer in die provinsie onherstelbaar die hoogte kan inskiet. Volgens Smalle was daar reeds in Febraurie — ses weke voor die grendeltyd — 922 000 werklose mense.

Hy het gesê dit sal help dat alle ekonomiese aktiwiteite voortgesit kan word as daar voortgesette monitering en toetsing is, die verskaffing van genoegsame beskermende drag vir werkers wat blootgestel word en permitte wat mense toelaat om tussen provinsies te reis. Voorts bepleit hy die handhawing van persoonlike higiëne en die dra van maskers deur alle inwoners wanneer hulle hul huise verlaat.


Baie dankie aan Pavecon sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig nie moontlik sou wees nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button