Local newsNews

Infeksietelling in Waterberg steeds laag

Limpopo, asook die Waterberg-streek, is tot dusver steeds aan die stil kant op die Covid-19-front.

Teen Sondagaand 10 Mei was daar slegs 54 gevalle in Limpopo, waarvan 30 mense reeds herstel het, het Thilivhali Muavha, woordvoerder van LUR vir gesondheid, dr. Phophi Ramathuba, gesê. Drie mense het tot dusver in Limpopo aan die siekte gesterf en daar is 21 aktiewe gevalle.

Daar is tot dusver 17 infeksies in die Waterbergstreek aangemeld met slegs ses mense wat tans siek is. Die gevalle wat tot dusver aangemeld is, was ’n bejaarde man van Bela-Bela (reeds herstel), Modimolle (twee dokters wat reeds herstel het), Mokgalakwena/Mokopane (vier gevalle waarvan slegs een aktief is), Lephalale (nege gevalle waarvan vier gevalle aktief is) en Thabazimbi (een geval wat tans aktief is). Geen sterftes is nog in die distrik aangeteken nie.

Wat aktiewe gevalle in die res van die provinsie betref, is daar in die Capricorn-streek een geval in Blouberg, drie in Lepelle-Nkumpi, een in Molemole en nege gevalle in Polokwane. In die Sekhukhune-streek is daar drie aktiewe gevalle in die Groter Tubatse/Fetakgoma-streek en een aktiewe geval in Groter Giyani in die Mopani-streek.

Daar word wyd verwag dat die aantal positiewe gevalle sal styg nadat die beweging van mense die afgelope week toegeneem het toe Fase 4-werkers begin terugkeer het na hul werkplekke.

Related Articles

Back to top button