Local newsNews

Help Zani om kanker te klop

Zani Roos (27), ’n oudleerder van Laer- en Hoërskool Warmbad, en haar familie is vasbeslote om alles in hul vermoë te doen sodat Zani kanker kan klop.

Velkanker (melanoom) is in 2016 by Zani gediagnoseer en ná intensiewe behandeling was sy in remissie.

Sy het egter op Dinsdag 24 Maart tydens ’n opvolgbesoek by die onkoloog die slegte nuus ontvang dat die kanker na haar longe versprei het.

Zani en haar ma, Hendrina Roos, het vandeesweek met maskers aan by Die Pos kom inloer om inwoners te bedank wat reeds hul harte en beursies vir dié moedige gesin oopgemaak het.

Omdat melanoom ’n baie agressiewe kanker is, het die onkoloog aanbeveel dat Zani immuunterapie (Keytruda-behandeling) ontvang. Dié behandeling is uiters gevorderd en doeltreffend, maar baie duur. Zani het 18 behandelings nodig en elke behandeling kos ongeveer R86 000. Haar mediese fonds is egter nie bereid om vir die behandelings te betaal nie.

 

ADVERTENSIE / ADVERTISEMENT

 

Verskeie fondsinsamelings is reeds van stapel gestuur en Zani kon reeds twee van dié behandelings ontvang.

Volgens haar voel sy goed en is sy positief oor die behandeling, maar is sy en haar gesin bekommerd oor waar die geld vir die volgende behandelings vandaan kom.

Hulle het daarom ook ’n nuwe fondsinsameling begin waar iemand ’n heerlike midweek by die pragtige Ukweza Guest House in Marloth Park naby die Krugerwildtuin kan wen. Die prys is geldig tot einde November aanstaande jaar. Vir elke R100 wat inbetaal word, sal ’n nommer aan die skenker toegeken word en ’n gelukkige trekking sal dan gehou word.

Geld kan inbetaal word in die volgende bankrekening: Z Roos. Absa. Tjekrekening: 4079322938. Takkode: 632005. Verwysing: Voorletters en van en selnommer.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Maandag 30 November. Die trekking sal op Vrydag 4 Desember plaasvind.

Mense wat graag ’n skenking wil maak of meer inligting benodig, kan ’n e-pos stuur na roos.zani@gmail.com(.)


Baie dankie aan Essential Cleaning & Maintenance sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig nie moontlik sou wees nie.

Related Articles

Back to top button