Local newsNews

Naskoolsentrum trek swaar

Terwyl ouers van skoolgaande kinders en studente hande in die hare sit oor die pad vorentoe, voel naskole en dagsorgsentrums ook die geldelike knyp van die inperking.

Linda Basson, eienaar en bestuurder van die Plaasjapies Kleuterskool en Naskoolsentrum in Bela-Bela, het aan Die Pos gesê dit is nog onduidelik wanneer ouers weer hul kinders na die naskool mag bring.

“Wanneer ons weer open, sal ons groot aanpassings moet maak soos higiëniese praktyke om die kinders elke oggend een vir een te ontvang en te ondersoek voordat hulle by die skool se hekke mag ingaan,” het sy gesê.

“Ons het reeds vir ons vier hulppersoneellede van die werkloosheidsfonds geëis en verder oorweeg ons al ons opsies om ons deure oop te hou. As ons geen
diens kan lewer nie, kan ons niemand betaal nie.”

Haar gesin hou intussen moed. Haar man, Wimpie, se onderneming, Sonskyn Elektries, word as ’n noodsaaklike diens beskou en hy kan dus wel werk en ’n inkomste verdien. Basson berei ook wegneemetes vir kliënte voor.

Related Articles

Back to top button