Local newsNews

Bekende restaurant se deure sluit

“Ons het geen ander keuse as om ons deure permanent te sluit nie.”

Só het Dian Vorster, eienaar en bestuurder van die Grinding Coffee Worx-restaurant in Bela-Bela, aan Die Pos gesê.

Die gasvryheidsbedryf is baie swaar getref deur die Covid-19-inperkingsmaatreëls en sal waarskynlik nog maande lank nie soos “normaal” kan sake doen nie.

Vorster het aan Die Pos gesê hy is nou amptelik “werkloos”.

“Hierdie voel vir ons almal betrokke soos ’n groot reset. Ons deure is net té lank toe en sonder ’n inkomste kan ons niemand betaal nie. Al my werknemers is nou ook werkloos.”

Ten spyte van dié terugslag probeer Vorster positief oor die toekoms bly.

“Ek dink intussen aan ander opsies om steeds ’n inkomste te verdien, maar ek gaan nie slaplê nie. Iewers in ons almal se lewens moet ’n mens weer oor begin.”

Related Articles

Back to top button