Local newsNews
Rokers sê hulle “trek swaar”
Die plasing van dié berig op Die Pos se Facebookblad is moontlik gemaak deur Hassim's Supply Store.
Rokers en drankverbruikers wag in spanning vir die regering om aankondigings in dié verband te maak — hoewel dit nie tans lyk asof daar gou vir hulle verligting kom nie.
Intussen bly die koop en verkoop van drank en sigarette verbode, het Bheki Cele, minister van polisie, reeds by herhaling gesê.
ADVERTENSIE / ADVERTISEMENT
Die Pos het die afgelope week ’n paar rokers in die dorp uitgevra oor hoe dit met hulle gaan.
Die meeste het gesê hulle was voorbereid op die inperking en het genoeg voorraad gekoop, maar rook nou minder as normaalweg. Ander het reguit gesê “dit gaan swaar”.
Baie dankie aan Hassim’s Supply Store sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig nie moontlik sou wees nie.