Local newsNews

Staats­hos­pi­ta­le verbied ook be­soek­ty­e

Die plasing van dié berig op Die Pos se Facebookblad is moontlik gemaak deur Waterberg Toyota.

Die de­par­te­ment van ge­sond­heid het ook amptelik besluit om geen be­soe­kers by staats­hos­pi­tale toe te laat nie.

Dié besluit is reeds by die meeste privaat hospitale van toepassing.

Die de­par­te­ment het vandeesweek in ’n verklaring ge­sê daar daag steeds te veel besoekers tydens besoektyd op en dit hou ’n gevaar vir per­so­neellede en pa­siën­te in. Vroe­ër is aangekondig dat besoekers hul geliefdes in staatshospitale vir ’n uur per dag kon be­soek.

D­erick Kgan­ya­go, woord­voer­der van die de­par­te­ment, het aan Die Pos gesê geen staats­hos­pi­taal sal tot ver­de­re ken­nis­ge­wing be­soe­kers toe­laat nie. Men­se word aangeraai om eerder die betrokke hospitaal te kontak om uit te vind hoe dit met hul geliefdes gaan.

 

ADVERTENSIE / ADVERTISEMENT

 

Kgan­ya­go het gesê pasiënte in Limpopo wat positief vir Covid-19 getoets word, sal na die spesiale eenhede in Po­lok­wa­ne en Mo­di­mol­le oorgeplaas word.

In­tus­sen word pa­siën­te wat by staats­ho­spi­ta­le op­daag by die hek­ke voor­ge­keer en geëvalueer. Kgan­ya­go het ge­sê hos­pi­ta­le is gerat om dié proses te hanteer.

Voor­aftoet­se be­paal of ’n pa­siënt in die hos­pi­taal toe­ge­laat mag word en of pa­siën­te as ’n ri­si­koge­val han­teer moet word.

Hy het gesê pasiënte wat in rye wag om mediese sorg by staatshospitale te ontvang, moet ook veilige afstande handhaaf.

* Altesame 19 mense het reeds in Limpopo positief vir die virus getoets.


Baie dankie aan Waterberg Toyota sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig nie moontlik sou wees nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button