Local newsNews

Daar is nou 19 gevalle in Limpopo

Die plasing van dié berig op Die Pos se Facebookblad is moontlik gemaak deur Nylstene.

Daar is sedert vanmiddag (Donderdag 2 April) 19 mense wat positief vir die Covid-19-virus in Limpopo getoets het.

Dié syfer sluit diegene in wat reeds herstel het. Dr. Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid in Limpopo, het in ’n boodskap aan die media gesê dit is sorgwekkend dat die nuwe gevalle plaaslik aangesteek het.

“Die vyand is nou hier tussen ons. Ons hou aan om mense te vra om tuis te bly. Ons doen ’n beroep op verpleegsters en dokters om ons te help om die pandemie te beveg. Ons gaan die komende week reuseprojekte loods om mense regoor die provinsie te toets en ons het mannekrag nodig,” het sy gesê.

 

ADVERTENSIE / ADVERTISEMENT

 

Volgens die departement word ses mense in mediese eenhede versorg, terwyl die res almal tuis in isolasie is. Daar is mense positief getoets is Modimolle (2), Polokwane (5), Lephalale (5), Thulamela (2), Mokopane (3), Tzaneen (1) en Makhado (1). Die departement het reeds diegene waarmee hulle in kontak was, in kennis gestel.

Die mense se ouderdomme wissel tussen 17 en 63 jaar met agt mans en 11 vroue wat positief is.

Ramathuba het mense weer aangemoedig om tuis te bly.


Baie dankie aan Nylstene sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig nie moontlik sou wees nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button