Local newsNews

Veevei­lings gaan voorlopig voort ter wille van voedselsekerheid

Alle aanduidings is dat veeveilings onder streng voor­waar­des voortgaan te midde van die streng Covid 19-maatreëls.

Die regering het onlangs bepaal dat byeenkomste van meer as 100 mense verbied word.

Dit het gevolg nadat die vee­be­dryf skaars her­stel het ná ’n maandelange verbod weens die uitbraak van bek-en-klouseer.

Carel Chal­mers, af­slaer van Vleis­sen­traal Bos­veld, het by na­vraag aan Die Pos ge­sê vee­vei­lings by die Warm­bad-vei­ling­kra­le gaan voort, maar dat min­der as 100 men­se op die perseel toegelaat sal word.

“Ons het reeds ken­nis­ge­wings by die hek­ke geplaas met streng maat­reëls,” het Chalmers ge­sê.

Paul van Vuu­ren (snr.), di­rek­teur van An­dré Kock en Seun-af­slaers, het ge­sê ko­pers en ver­ko­pers moet asseblief nie hul fa­mi­lie of vrien­de na vei­lings bring nie om getalle te beperk.

“Die ste­ri­li­sa­sieme­to­des wat ons tydens die bek-en-klouseerkris by vei­lings­huise aan­ge­bring het, word nou weer opnuut deur be­soe­kers en per­so­neel gebruik,” het Van Vuuren gesê.

Louis Meint­jes, pre­si­dent van TLU SA, het in ’n ver­kla­ring ge­sê pa­niek oor die vi­rus kan er­ge ge­volge vir die land­bou­be­dryf in­hou.

“Ons wil op geen wy­se die in­druk skep dat sake soos normaalweg voortgaan nie. Sa­ke is be­slis nie nor­maal nie en ons moet daar­vol­gens han­del.”

“Ons doelwit is om toe te sien dat voed­sel­se­ker­heid in Suid-Af­ri­ka steeds seë­vier,” het hy ge­sê.

TLU SA raai boe­re in­tus­sen aan om hul wer­kers in te lig hoe die vi­rus ver­sprei en hoe om hulself te beveilig. Boere moet ook toesien dat daar ge­noeg wa­ter be­skik­baar is om te was en dat dat so­sia­li­se­ring van werkers absoluut ver­my moet word. Hy raai ook boere aan om hul werkers se ge­sond­heids­toe­stand te mo­ni­teer en om kos met ’n langer raklewe vir hulle te verskaf.

Hy het gesê besoekers aan plase moet mas­kers dra en onberispelike hi­gië­nie­se prak­tyke toe­pas.

Hy het ook gewaarsku teen boos­doe­ners wat die pan­de­mie kan ge­bruik om toe­gang tot plase te kry.

Die de­par­te­ment van ge­sond­heid het reeds gemaan dat hul­le glad nie diens­te aan­bied waar men­se by hul wo­nings vir die vi­rus ge­toets word nie.

“Die belangrikste nou is om men­se­le­wens te be­skerm en daar­na volg die res,” het Mein­tjes ge­sê.”

Related Articles

Back to top button