Local newsNews

VLU-tak hou stylvol konferensie

Lede van die VLU se Soetdoringstreek het op Saterdag 14 Maart hul 19de konferensie in styl by die Weesgerus-vakansieoord buite Modimolle aangebied.

Die gasvroutak, Nylstroom, vier vanjaar hul 70ste bestaansjaar en vandaar die tema: 70 en steeds klassiek.

 

Dié vroue het pitkos gekry uit die boodskap van die spreker, Gerrie Jordaan (links). Saam met haar is Leanda le Cornu (president: VLU-Noord) en Lilian Weber (voorsitter: Soetdoringstreek).

 

Die vroue van 10 takke in die Soetdoringstreek het op verskeie terreine soos gebak, preservering en lekkers, masjienwerk, breiwerk, hekelwerk, borduurwerk, handvlyt, blommerangskikking, tuinbou, skryfkuns, kuns en fotografie meegeding.

Gerrie Jordaan, die genooide spreker by die geleentheid, het die vroue se emosionele tenks weer volgemaak met haar onderwerp: Koester en bewaar. Daar is soos altyd aan keurige verversings gesmul.

Related Articles

Back to top button