Local newsNews

Slagpale-probleme in Modimolle uitgestryk

Sake by die slagpale in Modimolle sou na verwagting teen Donderdag 12 Maart weer terug na normaal wees.

Dit was meer as twee weke lank gesluit nadat die gesondheidsinspekteur ’n aantal probleme uitgewys het onder meer die temperatuur van die koelkamer en die verwydering van afvalmateriaal.

Nadine Laubscher, ’n raadslid by die Waterberg-distriksraad, het op Maandag 9 Maart gesê die probleme is nou uitgestryk en dat hulle wag op goedkeuring van die gesondheidsinspekteur. “Diere sal hopelik weer teen Woensdag ontvang kan word sodat hulle teen Donderdag kan slag,” het sy gesê.

“Die probleme met die munisipale rekening is ook opgelos — hoewel die rekening vir die dienste betaal is, het die distriksraad nooit die aparte rekening vir elektrisiteit ontvang nie. Hulle kan dit nou hanteer,” het sy gesê.

Die Pos het verlede week berig sakelui vra dat die slagpale, wat aan die distriksraad behoort, geprivatiseer moet word.

Dit is glo jare lank nie winsgewend nie en ’n baie groot uitgawe op die distrik se boeke.

Belangstelling uit sakegeledere was glo traag omdat daar te veel personeel is en hul salarisse te hoog is om winsgewend te wees.

Related Articles

Back to top button