Local newsNews

Die Pos skud ons vere reg vir 2020

Die Pos het op Saterdag 7 Maart ons jaarlikse opleidingseminaar vir ons personeel by die pragtige Buyskop Lodge (Boabab Spa & Beauty) buite Bela-Bela gehou.

Die tema was “blou” — ’n aanduiding van baie mense se gemoedstoestand.

Danksy ’n op-en-wakker motiveringspreker is die koerantspan gemotiveerd om vanjaar se “blou” te trotseer en ons jaartema: Hoe kan ek help? uit te leef.

 

Keina Swart (redakteur), Anneline du Preez (finansiële hoof) en Bea Emslie (direkteur) tydens Die Pos se jaarlikse personeelopleiding by Buyskop Lodge.

 

Die dekor en kos wat by Buyskop Lodge voorgesit is, was uit die boonste rakke. Die Pos se personeel beveel hulle graag aan vir enige konferensies, lekker pamperlangsessies en baie billike naweek-
verblyf.

Related Articles

Back to top button