Local newsNews

Nu­we le­raars­paar verwelkom

Die gemeente van die AGS Woord en Le­we Kerk in Be­la-Be­la het ’n nuwe leraar verwelkom en die vrien­de­li­ke ge­sig van past. John­a­than Mou­ton behoort gou ’n bekende in die dorp te wees.

Past. Hugh Gra­han, ja­re ­lang­e le­raar van die gemeente, het op Son­dag 23 Fe­brua­rie sy uit­tree­preek ge­le­wer. Mou­ton neem nou die lei­sels as herder van dié gemeente by Gra­han oor.

Mouton en sy vrou, Nao­mi, was vir vyf jaar in die be­die­ning be­trok­ke. Die laas­te ge­meen­te waar hul­le was, is die AGS Kerk in Bal­four.

Mou­ton was voor­heen ’n boer en ook in die mo­tor­be­dryf be­trok­ke en Nao­mi het ’n in­ge­nieurs­on­der­ne­ming be­stuur. Hul­le het drie kin­ders wat reeds vol­was­se­ is.

Die eg­paar sien daarna uit om per­ma­nent in Be­la-Be­la te woon en te be­dien.

“Ons moet nog uit­pak en nesskrop, maar is klaar op­ge­won­de oor die He­re se plan vir ons hier in Bela-Bela. Ons glo hier gaan nog ba­ie goei­e ding­e in hier­die dorp ge­beur.”

Dit is vir hul­le be­lang­rik om die Evangelie aan die breër ge­meen­skap oor te dra en dit nie te be­perk tot lid­ma­te nie, want dit is no­dig vir ’n ge­meen­skap om in siel, gees en lig­gaam ver­sterk te word.

Mou­ton neem sy plek op die preek­stoel op Son­dag 1 Maart in. Alle in­woners is welkom by die erediens.

Related Articles

Back to top button