Local newsNews

Gordon spog met pragtuin

Vir groe­­ner vingers as dié van Gor­don Rolla­son sal ’n mens ver moet soek.

Sy tuin in die Ko­kan­je-af­tree­oord bui­te Mo­di­mol­le is ’n lus­hof, dig be­plant met son­skyn­geel ro­se, Jo­sefs­kleed, woes­tyn­ro­se, orgi­deë, kos­mos, baard­­iris­se, reu­se­tak­bok­va­rings en plan­te wat die ge­wo­ne tui­nier nog nie van­te­vo­re ge­sien het nie.

Maar dit is sy be­son­de­re self­ge­kweek­te lit­ro­se en wye ver­skei­den­heid im­pa­la­le­lies wat sy tui­niers­hart se trots is.

 

Dié in­te­res­san­te vet­plant is een van talle min­der be­ken­de plan­te in Gor­don Rol­la­son se tuin.

 

Met die in­trap­slag waar­sku hy al: “Moe­nie eens vra hoe­veel plan­te ek het nie!”

Rol­la­son noem Ko­kan­je reeds vier jaar lank sy huis na­dat hy 22 jaar in Bela-Bela ge­woon het. Hy ver­tel dat hy al op vier­ja­ri­ge ouder­dom sy eers­te tuin­tjie in die suid­wes­te van Enge­land, waar hy ge­bo­re is, gehad het.

Sy lief­de vir plan­te het ver­se­ker dat hy ’n loop­baan hier­in ge­volg het. “Ek het op ’n dag, êrens in die 1970’s, ’n ad­ver­ten­sie in ’n vak­tyd­skrif ge­sien van die Oceanarium in Port Eli­za­beth wat op soek was na ’n tuin­bou­kun­di­ge. “Ek het ge­dink dat ek net vir drie jaar in Suid-Afri­ka sou bly, maar kyk net, hier sit ek nog steeds,” lag dié 74-ja­rige.

Dié plant­ver­sa­me­laar het sy eers­te lit­roos­krui­sing na sy ma, Francis, ver­noem. Hy het ’n plan­tjie van dié lit­roos met ’n nu­we kom­bi­na­sie van kleu­re aan ’n vriend in Enge­land ge­gee en die plant was gou ge­wild. Dieself­de plant is la­ter ge­bruik vir sy krui­sing ge­naamd San­geeta met sy oran­je­geel blomme met ’n diep­rooi rand­jie. Dit is ver­noem na ’n vrien­din in In­dië.

Sy mees on­lang­se krui­sing is net so mooi en is ver­noem na sy tuis­te: Ko­kan­je Sun. Die blom het ’n sterk oranje­geel kleur.

Rol­la­son sê hy was ver­baas toe een van sy lit­ro­se — ’n ne­de­ri­ge plan­tjie in ’n 10 cm-pot­jie — ver­le­de jaar R1 900 op ’n vei­ling op ’n plaas­li­ke plant­groep se Facebook-blad behaal het. “Dit laat ’n mens baie trots voel as jy fo­to’s van plan­te wat jy ge­kweek oral op die inter­net raak­loop,” het hy ge­sê.

Sy an­der liefde is im­pa­la­le­lies. Dié plant kom wyd­ver­spreid voor, ook in die mid­de-ooste en Oos-Afri­ka. “Daar is meer as 600 ver­skil­len­de im­pa­lale­lies. Daar is 28 wil­de­ spe­sies en ek is ge­luk­kig ge­noeg om al 26 van hul­le in my versameling te hê. Baie van hul­le is deur vrien­de aan my ge­stuur.” Hy wys trots twee van die plan­te wat tans in blom is in sy kweek­huis: skake­rings van pienk en wit met ’n dub­bel­blaar en een met ’n val­letjies­rok en veel­vul­di­ge bla­re.

Vol­gens Rol­la­son is sy twee groot­ste uit­da­gings as tui­nier die jaar­lik­se ska­de wat hy kry as dit in Ju­lie ryp en wa­ter­skaarsste. “Ek ge­bruik no­gal min wa­ter vir die hoe­veel­heid plan­te. Selfs die af­spoel­wa­ter van die skot­tel­goed kom tuin toe.”

Rol­la­son sit ge­mak­lik en ge­sels op sy stoep. Oor sy lin­ker­skouer loer ’n orgi­dieë of drie en regs roer die Jo­sef­kleed sag­gies in die og­gend­lug­gie. Een goeie ding lei dik­wels tot ’n an­der. In die ag­ter­grond ju­bel die voël­tjies vro­lik: ook hul­le het deel in hier­die klein pa­ra­dys.

Related Articles

Back to top button