Local newsNews

Eredienste nou ook op weeksdae

Son­dae is dik­wels nie rus­dae vir die­ge­ne wat in die gas­vry­heids­be­dryf werk nie en ge­leent­heid om ’n ere­diens by te woon is daar ook nie al­tyd nie.

Die NG-ge­meen­tes Wa­ter­berg en Nyl­stroom-Oos in Mo­di­mol­le het op Woens­dag 5 Fe­brua­rie hul eers­te aftrek­plek-ere­diens ge­hou — in die mid­del van die week — so­dat diegene wat in die gas­vry­heids­be­dryf werk, dit kan by­woon.

“Dit gee vir al­mal, maar ver­al vir men­se wat in die gas­vry­heids­be­dryf werk, die ge­leent­heid om be­wus­te­lik in die teen­woor­dig­heid van God te wees en om — soos die naam aandui — so ’n biet­jie in die mid­del van die week af te trek, stil te word en op God te fo­kus,” het ds. Riaan Oden­daal gesê.

“Al­mal is baie wel­kom, ver­al diegene wat in res­tau­ran­te, lodges en gas­te­huise werk en nie al­tyd die ge­leent­heid het om op ’n Son­dag ’n ere­diens by te woon nie.”

Die aftrek­plek-ere­diens­te vind el­ke eers­te en der­de Woens­dag van die maand om 18:00 in die kerk­ge­bou van die NG-ge­meen­te Wa­ter­berg plaas. Daar sal nie diens­te ge­du­ren­de skool­va­kan­sies wees nie. Dit is ’n in­for­me­le ere­diens in ’n me­di­ta­tie­we styl.

Die vol­gen­de diens word op Woens­dag 19 Fe­brua­rie om 18:00 ge­hou. Die fo­kus sal val op die ge­bed van Ja­bes in 1 Kro­nie­ke 4:10.

Vir meer in­lig­ting, bel di. Riaan Oden­daal by tel. 082 497 1891, Abra­ham Viviers by tel. 083 232 2445, Ewald Schmidt by tel. 082 579 6648 of Danie Uecker­mann by tel. 082 579 6649.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button