Local newsNews

Land­bank se rom­mel­sta­tus is maar net die be­gin van uitdagings

Die af­gra­de­ring van die Land­bank se kre­diet­gra­de­ring na rom­mel­status deur die kre­diet­gra­deer­der, Moody’s, is maar net die be­gin van finan­sië­le uit­da­gings wat die land­bou­be­dryf van­jaar ver­der gaan knou, meen Louis Mein­tjies, pre­si­dent van TLU SA.

Moody’s het op Dins­dag 21 Jan­ua­rie die af­gra­de­ring be­kend­ge­maak. Dit is die eers­te keer dat ’n staats­be­heer­de on­der­ne­ming in Suid-Afrika hierdie status op­ge­lê is.

Re­becca Pha­lat­se, Land­bank-woord­voer­der, het in re­ak­sie op Die Pos se na­vraag ge­sê dat Moo­dy’s ge­fo­kus het op sty­gen­de kre­diet­ri­si­ko’s, da­len­de ka­pitaal, lae ver­diens­te-ver­moë, die uit­da­gen­de sa­ke-om­ge­wing (soos droog­te) en be­leids­on­se­ker­heid (ont­eie­ning son­der ver­goe­ding) wat alles as sleu­tel­fak­to­re by­ge­dra het tot die af­gra­de­ring. Die feit dat die Land­bank steeds nie ’n hoof ­uit­voe­ren­de be­amp­te aan­ge­stel het nie, was ook ’n fak­­tor, het Phalatse gesê.

Weens Suid-Afri­ka se on­gunstige fis­ka­le voor­uit­sig sal hier­die sta­tus die re­ge­ring nou dwing om meer se­lek­tief te wees in die staats­be­heer­de on­der­ne­mings waar­in staats­geld be­lê word, het sy ge­sê.

Die groot vraagstuk is of boe­re wat le­nings by die bank het nou meer ren­te sal moet op­dok weens die af­gra­de­ring.

Vol­gens Mein­tjies raak dit voort­du­rend moei­li­ker om ’n po­sitie­we ge­sind­heid oor die toe­koms van land­bou in Suid-Af­ri­ka te behou. Boe­re gaan ge­buk on­der die kom­mer van plaas­vei­lig­heid, on­re­de­li­ke ar­beids­wet­te, vee­siek­tes, droog­te, be­perk­te uit­voer­ge­leent­hede weens swak e­ko­no­mie­se toe­stan­de en die meer­der­heid boere is reeds vir et­like jare in die skuld by die Land­bank.

“Dit gaan vir die bank nou duur­der word om sa­ke te doen om­dat die bank van an­der bron­ne van in­koms­te af­hank­lik is. Weens die af­gra­de­ring sal die Land­bank nou meer moet be­taal vir hul in­koms­te wat sal lei tot ’n ver­ho­ging in die ren­te­koers vir hul­le kliën­te,” het hy ge­sê.

An­nette Steyn, ska­dumi­nis­ter van land­bou, grond­her­vor­ming en lan­de­li­ke ont­wik­ke­ling het in ’n ver­kla­ring ge­sê die DA is nie ver­ras deur die af­gra­de­ring nie.

Sy sê die DA is in die pro­ses om meer in­lig­ting te bekom oor die R3,9 miljard wat pre­si­dent Cy­ril Ra­ma­pho­sa ty­dens sy toe­spraak by die on­lang­se ANC-Lek­got­la aan die Land­bank be­wil­lig het vir die 2019/20 boek­jaar.

“Die re­ge­ring moet daar­op let dat die af­gra­de­ring van die Land­bank nie net die skuld is van die voortslepende droog­te nie, maar dat dit ’n aan­dui­ding is dat die Land­bank nie voor­uit be­plan het nie dat die be­stuur mis­luk het en die aan­hou­den­de her­lei­ding van fond­se wat be­doel is vir op­ko­men­de boe­re, in die sak­ke van po­li­ti­ci ein­dig,” het Steyn ge­sê.

Ben­nie van Zyl, hoof­be­stuur­der by TLU SA, het by na­vraag ge­sê dit is moei­lik om te sê wat die Land­bank nou gaan doen met be­staan­de en nu­we kliën­te.

“Dit is nou ’n werk­lik­heid dat die Land­bank voort­aan geld eers baie duur sal moet be­kom voor­dat hul dit aan hul kliën­te kan bied. Die le­nings­oor­een­koms met sy kliën­te sal be­pa­lend wees oor hoe die ren­te be­re­ken en of aan­ge­pas sal word,” het Van Zyl ge­sê.

Pha­lat­si het ge­sê die bank sien hom­self steeds as ’n rol­spe­ler in die land­bou­bedryf met sy mark­aan­deel van 28%, wat ’n frak­sie is van die land se to­ta­le land­bouskuld. Dit is die bank se doel­wit om al­le uit­da­gings wat die bank tans kort­wiek, reg te stel, het sy ge­sê.

Mein­tjes meen die af­gra­de­ring van die Land­bank is maar net die be­gin van af­gra­de­rings van ver­skei­e staatsen­ti­tei­te, en uit­ein­de­lik die land self, wat nog gaan plaas­vind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button