Local newsNews

Jongeling met passie vir handgemaakte messe

Wer­ner van Vuur­en (17) van Mook­go­phong het van kleins af ’n pas­sie vir hand­ge­maak­te mes­se ge­had.

Hy het toe hy in gr. 7 was, saam met sy pa, Stefan van Vuur­en, ’n siviele in­ge­nieur, begin om mes­se te maak. “Dit was egter heel­wat anders as wat ek nou doen, want ons het die lem­me klaar ge­koop en dan net die mes­se aan­mekaar ge­sit,” het hy aan Die Pos ver­tel.

Toe hy 16 was, het hy ‘n smeltoond ge­bou en self be­gin om die lem­me en hew­we te maak. Nou is dit amper ’n vol­tyd­se stok­perd­jie wat hy be­oefen, want om mes­se te maak, verg baie tyd. Een van sy spogmes­se het on­ge­veer 80 uur ge­neem om te maak. Dit verg kon­sen­tra­sie en hy moet baie presies werk om die bes­te re­sul­tate te kry.

 

Een van die mes­se (regs) wat Werner self ont­werp en ge­maak het.

 

Die toe­rus­ting is baie doel­ge­rig en die oond en lemsny­ers wat hy ge­bruik, is baie duur toe­rus­ting. “Ge­luk­kig het my pa baie snylemme in voor­raad ge­had en was dit nie nodig om te koop nie,” het hy ge­sê.

Werner maak hoof­saak­lik die Amerikaanse “frontier” mes­se waar­van die af­werk­ing ver­skil van ge­wone mes­lem­me. “Hier­die soort mes­se is ge­wild om­dat jy nog be­wyse kan sien van die oor­spronk­like materiaal waar­van die lem ge­maak is,” het hy ver­tel.

Hy hou daar­van om by pand­jies­win­kels te kyk vir ou vyle en ras­pers en staal en dan be­gin die groot proses van smee op ’n aam­beeld. Van die staal koop hy by ’n spe­sia­liswin­kel wat slegs staal aan­hou wat ge­bruik kan word vir die maak van mes­se.

Hy ont­werp self die lem­me en mees­te van die hew­we is uit ivoor of in­heem­se hout­soorte. Werner maak die ske­des uit leer en doen alles met die hand en sy ou­ma, Lynette van Vuuren, het met groot geesdrif ver­tel hoe trots sy op Wer­ner se “naald­werk” is.

Hy be­plan om aan die ein­de van 2020 ’n uit­stal­ling te hou by ’n groot messeskou in Pretoria.

Dié ma­tri­ku­lant van Hoër­skool Hans Strij­dom in Mook­go­phong se kop staan eg­ter uni­ver­si­teit toe en hy wil in 2021 elek­trome­ga­niese in­genieurs­we­se aan die Universiteit van Pretoria gaan stu­deer.

Related Articles

Back to top button