Local newsNews

Daar’s ’n s-s-slang op my stoep!

Dié groot luislang het die afgelope Desember vir groot konsternasie gesorg toe hy homself tuisgemaak het in ’n hondebedjie op ’n stoep net buite Modimolle.

Dié lui reptiel het egter die huismense (en die hond) ontsenu en slangvanger Theunis Victor het s-s-slang se kind met die hulp van Dewald Greyling verwyder.

Dié slang, van net oor die 4 m, het ’n draai by die ModiMall gemaak waar vakansiegangers kon sien wat in die Bosveld rondseil.

Volgens Victor het hy heelwat wipneuskobras die afgelope tyd uit huise verwyder. Hy raai inwoners aan om, indien hulle ’n slang teëkom, sowat 5 m weg te staan en die dier dop te hou totdat ’n slangvanger opdaag.

In Modimolle kan inwoners Victor skakel by tel. 082 823 6910 of vir LD Pienaar by tel. 072 475 6414.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button