Local newsNews

Polisie ontbied ná stank in Jinnah Park

Inwoners van Jinnah Park in Bela-Bela het verlede week die polisie gebel nadat talle mense van ’n baie onaangename reuk in die omgewing bewus geword het.

Lede van die polisie en die departement van gesondheid het daarna op Donderdag 16 Januarie op ’n stoorkamer op die hoek van Bham- en Miastraat afgekom waar grootmaat vleisprodukte besig was om te ontbind. Die stoorkamer word gebruik as versendingspunt na plaaslike winkels wat deur buitelandse burgers bestuur word, het sers. Frans Maponya, Bela-Bela-polisiewoordvoerder, aan Die Pos gesê.

“Dit is nog onduidelik of dié produkte — wat reeds hul vervaldatum bereik het en daar gestoor is — aan die publiek verkoop sou word. Niemand is egter op hierdie stadium in terme van die gesondheidswet aangekla nie,” het Maponya gesê.

Die eienaars van die stoorplek is deur die departement van gesondheid beveel om die produkte te vernietig, het Maponya gesê.

Die departement van gesondheid se plaaslike kantore kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Related Articles

Back to top button