Local newsNews

Droo­ge­kloof-man dood ge­vind

“Die po­li­sie het die man met ’n wond aan die lin­ker­kant van sy keel aan­ge­tref. ’n Mes is by hom ge­vind, as­ook ’n ­brief.”

Die Be­la-Be­la-po­li­sie is be­sig met ’n na­dood­se on­der­soek na­dat ’n man op Sa­ter­dag 18 Jan­ua­rie in die Droo­ge­kloof-ge­bied bui­te die dorp dood ge­vind is.

Sers. Frans Ma­pon­ya, po­li­sie­woord­voer­der, het by na­vraag ge­sê die oor­le­de­ne is ge­ï­den­ti­fi­seer as Mau­ritz Ja­cobus de Vil­liers (68).

“’n In­wo­ner het om 07:45 op ’n bak­kie in ’n oop stuk veld (hoewe 81) afge­kom met die oor­le­de­ne ag­ter­op die bak­kie,” het Ma­pon­ya ge­sê.

“Die po­li­sie het die man met ’n wond aan die lin­ker­kant van sy keel aan­ge­tref. ’n Mes is by hom ge­vind, as­ook ’n ­brief.”

Ma­pon­ya het ge­sê De Vil­liers se fa­mi­lie is kort ná die ont­dek­king van sy dood in ken­nis ge­stel. In die brief wat by hom gevind is, word melding gemaak van nóg ’n brief wat De Villiers in sy woning gelaat het.

Die on­der­soek duur voort.

Po­gings om De Vil­liers se fa­mi­lie vir kom­men­taar te be­reik was teen druk­tyd on­suk­ses­vol.

Related Articles

Back to top button