Local newsNews

Kommer oor toesig ná talle kinders die vakansie verdrink

Die verdrinking van kinders lei dikwels gedurende somer­vakan­sies tot groot hartseer vir die betrokke gesinne en dié vakansie was geen uitson­dering nie.

Sers. Frans Ma­pon­ya, Be­la-Be­la-po­li­sie­woord­voer­der, het aan Die Pos ge­sê die po­li­sie is die afgelope vakansie vyf keer uit­ge­roep na to­ne­le waar mense, waar­van vier kin­ders was, ver­drink het.
Die eers­te voor­val het ein­de No­vem­ber plaas­ge­vind nadat ’n man van Be­no­ni on­der vreem­de om­stan­dig­he­de by die Pendleberry Grove-swem­bad in Bela-Bela ver­drink het. Die man was saam met kol­le­gas in Be­la-Be­la vir ’n wegbreeknaweek.

Kort daarna het ’n kind by ’n lodge in die Vo­gel­struis­pan-omgewing verdrink en twee ander kinders by ’n pri­vaat wo­ning se swem­bad in Roo­de­kuil. Nog ’n kind, wat skaars 10 maan­de oud was, is in Zu­ma View in die Be­la-Be­la town­ship dood ­aangetref na­dat hy glo in ’n em­mer wa­ter ge­val en ver­drink het, het Ma­pon­ya ge­sê.

Die fa­mi­lies se in­lig­ting is nie be­kend ge­maak nie.

Ma­pon­ya het ge­sê in van dié gevalle word ’n mate van na­la­tig­heid vermoed omdat ouers en toesighouers nie voortdurend geweet het waar hul kinders is nie. ’n Gebrek aan toesig lei dikwels tot kinders wat beseer word, het hy gesê. Al dié sake word onder­soek.

Kapt. An­ne­ma­rie Smith, speur­ta­khoof, het ge­sê: “Die po­li­sie kla nie net men­se sonder rede aan nie. Ons stel eers on­der­soek in en stuur die in­lig­ting vir be­slis­sing na die land­dros­hof. Die hof be­paal dan of die be­trok­ke ou­er of toe­sig­hou­er na­la­tig was en of die toesighouer aan­ge­kla moet word of nie.”

“In die mees­te ge­val­le kom dit neer op ’n aan­klag van straf­ba­re man­slag waarvan die mak­si­mum­ von­nis tot 15 jaar tronkstraf kan wees.”

Ma­pon­ya raai ou­ers aan om hul kin­ders nooit son­der toe­sig te laat nie, ver­al wan­neer die kin­ders jonk is.

  • Minder ernstige voor­val­le soos dief­stal, aan­ran­ding en al­ge­me­ne roof is in die Be­la-Be­la-om­ge­wing aangemeld.

Vol­gens in­lig­ting van die ge­meen­skap­po­li­sië­rings­fo­rum het van die sa­ke in die Be­la-Be­la town­ship, die dorp se sen­tra­le sa­ke­sek­tor, Spa Park, Nood­hulp, Roo­de­poort, Twee­fon­tein, Ma­sak­ha­ne, Tsa­ka­ne, as­ook die Zwart­kloof en Ma­ba­ling­we-ge­bied, plaas­ge­vind.

O­pe­ra­sie Vei­li­ger Fees­sei­soen het die po­li­sie en be­trok­ke o­wer­he­de laat fo­kus op plek­ke waar mis­daad kan voorkom soos kroe­ë of ta­ver­nes, het Ma­pon­ya ge­sê.

“Geen er­ge mis­daad soos moord, sterf­tes weens voer­tuig­on­ge­luk­ke of ge­wa­pen­de roof het in ons omgewing plaas­ge­vind nie,” het hy ge­sê.

“Ons is wel be­kom­merd oor die verskynsel dat hon­de die af­ge­lo­pe tyd in die Sett­lers-om­ge­wing ver­gif­tig is en in­bra­ke daarna plaas­ge­vind het. Boe­re moet ver­al waak­saam wees, want ons ver­moed dat bui­te­lan­ders be­trok­ke is.”

Die po­li­sie het al ge­vind dat tal­le on­wet­ti­ge im­mi­gran­te in dié ge­bied woon en raai boe­re aan om nie werkers sonder wet­ti­ge do­ku­men­te in diens te neem nie.

Related Articles

Back to top button