Local newsNews

Veearts weer op sy pos ná boomslangbyt

Dr. Marius du Toit, bekende en gewilde veearts van die Warmbad Dierekliniek, het ’n noue ontkoming gehad toe hy die afgelope Desember-vakansie deur ’n boomslang gebyt is.

Du Toit het ’n hewige reaksie vir die teengif ontwikkel en in die hoësorgeenheid van die Montana-hospitaal in Pretoria beland.

Volgens Du Toit is hy op Vrydag 20 Desember na die Intaba-Indle-landgoed uitgeroep om ’n boomslang te help verwyder. Bouers was reeds geruime tyd besig met aanbouings op dié perseel toe een van die werkers die boomslang gewaar het.

Du Toit kon daarin slaag om die slang te vang, maar toe hy die slang in ’n sak wou plaas, het een van die slang se agterste tande sy duim geprik. Volgens hom begin ’n mens ná omtrent 24 uur inwendig bloei weens ’n boomslangbyt.

Du Toit is in die Montana-hospitaal in Pretoria opgeneem waar hy teengif ontvang het.

“Ek het ongelukkig ’n ernstige allergiese reaksie (anafilakse) vir die teengif ontwikkel.”

Dié toestand kan lewensgevaarlik wees.

Du Toit het egter goed op noodbehandeling gereageer en is intussen weer terug op sy pos in Bela-Bela.

Sy hand- en duimbeweging is nie beïnvloed nie aangesien boomslanggif nie weefsel beskadig nie, het hy gesê. Die slang is in ’n ander omgewing vrygelaat.

“Ek hou van slange en sal beslis weer uitgaan indien ek gevra word om ’n slang te verwyder vir hervestiging.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button