Local newsNews
Kom laat ons skyn
Die Abraham Kriel-kinderhuis in Modimolle het vanjaar weer hul terrein in ’n sprokieswêreld omtower met duisende Kersliggies as deel van hul Lumen-skouspel.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/134/2019/12/1a.jpg)
Die liggies word elke aand — tot Dinsdag 31 Desember — om 18:00 aangeskakel.
Toegangsgeld beloop R10. Daar is ’n pragtige wandelroete langs die liggies wat dit die ideale uitstappie vir die kinders maak.
Daar sal ook elke aand lekker eet- en drinkgoed teen sakpaspryse wees.
Die kinderhuis hou ook op Saterdag 7 Desember ’n “boot sale” vanaf 18:00 tot 20:00. Die sangers Nicholis Louw en Maryna tree op Dinsdag 10 Desember om 18:30 op en op Saterdag 14 Desember om 18:00 is daar Kersliedere by kerslig.
Op Sondag 22 Desember tree Sonet Shields om 18:30 op en op Saterdag 28 Desember tree Jacques Botes op.
Vir meer inligting, skakel tel. (014) 717 5264.