Local newsNews

Magrietjies hou Kerssangdiens

Ge­wy­de klanke van Kers­lie­de­re het op Woens­dag­aand 13 No­vem­ber uit die NG-kerk in Mook­go­phong se saal opgeklink.

Die Magriet­jies, die on­baat­sug­ti­ge groep wat kan­ker­lyers ver­sorg, het die Kers­sang­diens aan­ge­bied.

Die ge­leent­heid is deur Charl en Deb­bie Wei­de­man ge­reël en Yvet­te van der Wahl het hul­le met die sang by­ge­staan.

Elar­da Won­der­gem het die be­soe­kers n­a­mens die Ma­griet­jies ver­wel­kom, waar­na die Euphor­bia Chris­te­li­ke On­af­hank­like Skool se slag­or­kes, on­der lei­ding van Chris­to Stols, met Kers­lied­jies weg­ge­val het. Die klein­span het hul­le in­ge­leef in hul ver­to­ning en al­mal beïn­druk met puik spel.

Die NG-kerk­koor en Nom­sa Cha­ba, ’n gr. 8-leer­der van Hoër­skool Hans Strij­dom, het ook op­ge­tree en ’n rus­ti­ge Kers­at­mos­feer met hul stem­me ge­skep. Die Wei­de­mans en Van der Wahl het saam met die ge­hoor ge­sing.

Die aand is af­ge­sluit met die sing van die Oor­win­nings­lied ter­wyl al­mal ker­se vas­ge­hou het wat ’n lief­like, sag­te lig ge­gooi het.

Die Ma­griet­jies wens al­mal ’n ge­seën­de Kers­fees toe en hope­lik ’n nat en voor­spoe­dige 2020.

Hul­le het hul in­nige dank be­tuig aan die in­wo­ners wat deur die jaar meege­doen het aan hul fonds­in­sa­me­lings.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button