LifestyleLocal newsNews

Boekwurms kan nie meer wag vir vakansie

El­ke boek­wurm weet dat ’n mens nie ’n De­sember­vakan­sie bin­ne­gaan son­der ’n hoë sta­pel boe­ke op die bed­kassie nie.

Die Lees­kring in Mo­di­mol­le gee hul bes­te om voor te bly om ywe­ri­ge le­sers van nu­we lees­stof te voor­sien en het op Vry­dag 22 No­vem­ber weer 20 nu­we boe­ke op hul rak­ke uit­ge­pak. “Teen die Maan­dag­og­gend was die boe­ke reeds uit!” het Mar­thie Al­berts van die Lees­kring ge­sê. “Nu­we men­se kom sluit nog ge­reeld by die Lees­kring aan,” het sy ge­sê. Die rak­ke is steeds vol­ge­pak met boe­ke wat in el­ke le­ser se smaak sal val.

Die nu­we Afri­kaan­se boe­ke wat ­ge­koop is, is He­lene de Kock se Die kind uit die Wingerd, Hele­ne Hugo se Papierblomme, Chris Kar­sten se An­der­man se Vrou, Cha­nette Paul se Mirre, Made­lein Rust se Doodsengel, Bets Smith se Dooiegety, Piet van Rooyen se By die Bran­den­berg, Mari­ta van der Vy­ver se Grens­ge­val en San­tie van der Mer­we se ’n Goeie jaar vir Rose.

Die­gene wat Engels lees, kan uit­sien na Jeffrey Archer se Nothing Ventured, Tilly Bagshawe (Sidney Sheldon) se The Silent Widow, David Baldacci se Memory Man, Barbara Delinsky se Before and Again, John Grisham se The Reckoning, Stephen Leather se boek The Shout, Susan Lewis se One Minute Later, Jo Jo Moyes se The Giver of Stars, J.D. Robb se Connections in Death, Michaiel Robotham se The Other Wife en Karin Slaughter se Pieces of Her.

Le­sers kan boeke op Maan­dae en Don­der­dae van 09:00 tot 12:00 en van 14:00 tot 17:00 uit­neem. Die Lees­kring is in Steve Tshwe­te­­straat 13 in Modi­mol­le.

Die Lees­kring sluit op Don­der­dag 12 De­sem­ber en open weer op Maan­dag 6 Ja­nua­rie.

Vir meer in­lig­ting, bel vir Al­berts by tel. 082 441 9047 of tel. (014) 717 5080 of vir El­sie Koch by tel. 072 249 1205.

Related Articles

Back to top button