Local newsNews

Vrouefederasie wil projek uitbrei

Lede van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie in Bela-Bela (SAVF) beoog om Hoërskool Warmbad se bestaande voedselskema uit te brei om meer behoeftige mense te voed.

Rika Kruger het destyds die voedselskema by die skool begin sodat behoeftige leerders drie dae per week ’n gesonde bord kos kan nuttig.

Stephanie Henning, wat die liefdadigheidsprojekte van die SAVF behartig, het gesê volwassenes behoort ook dié voorreg te geniet.

Hulle beoog daarom om elke week op Maandae, Woensdae en Vrydae ’n bord kos teen R40 by die SAVF-saal op die hoek van Mentz- en Ludorfstraat in die dorp aan behoeftige volwassenes te verkoop.

Al die geld wat ingesamel word, sal vir liefdadigheid aangewend word. Mense met oop harte is welkom om donasies te gee.

Daar word ook beoog om ’n klerebank en snuffeltafel vir tweedehandse items te begin.

Vir navrae bel vir Susan de Klerk by tel. 082 925 9439 of vir Henning by tel. 072 347 3792.

Related Articles

Back to top button