Local newsNews

Jubelende klanke nadat kerkorrel gerestoureer is

“’n Mens kan hóór daar is aan die or­rel ge­werk,” het ds. Riaan Ober­hol­zer, ge­sê. “Die klank is weer hel­der.”

Die groot, ou or­rel in die kerk­ge­bou van die NG-gemeente Wa­­ter­­berg in Mo­di­mol­le ba­suin al 64 jaar lank musiek uit en deesdae is die or­rel se stem weer kris­tal­hel­der na­dat dit ge­res­tou­reer is.

Die or­rel se 1 990 py­pe, wat wis­sel van so groot soos ’n vuur­hout­jie tot meer as 3 m lank, is deur die or­rel­dok­ter Joop Ad­mi­raal uit­ge­haal, skoon­ge­maak en herstel. Van die swel­balk se oor­spronk­li­ke leer het ver­brok­kel en is ook ver­vang.

“’n Mens kan hóór daar is aan die or­rel ge­werk,” het ds. Riaan Ober­hol­zer, ge­sê. “Die klank is weer hel­der.”

Die Walcker-or­rel is in 1956 geïn­stal­leer in die ken­mer­ken­de glin­ster­wit ­kerk­ge­bou wat in Tha­bo Mbe­ki­straat in die dorp staan. Die ge­bou is reeds 122 jaar oud. Die ge­meen­te vier aan­staande jaar hul 160e be­staans­jaar en be­plan groot fees­vie­ringe.

Die or­rel met sy nu­we stem kry in No­vem­ber reeds die ge­leent­heid om te ju­bel ty­dens ’n or­rel- en viool­kon­sert deur Ockie Ver­meulen en Li­zel­le le Roux. Albei hier­die ge­reken­de mu­si­kan­te het dok­tors­gra­de en het ook Ghoe­ma-toe­ken­nings ver­werf.

Le Roux het ty­dens haar stu­die ’n Royal School of Music-beurs ont­vang om haar mees­ters­graad aan die Royal Scottish Academy in Glasgow voort te sit.

Sy is daar as die bes­te stu­dent aan­ge­wys. Sy het as so­lis saam met na­sio­na­le en in­ter­na­sio­nale or­kes­te op­ge­tree en ook deel­ge­neem aan pro­duk­sies soos Afri­kaans is Groot en het reeds vier al­bums vry­ge­stel.

Ver­meulen het op sy beurt ’n Fullbright-beurs ont­vang, waar­na hy sy mees­ters­graad in or­rel aan die uni­ver­si­teit van Noord-Texas ver­werf het. Hy het sy dok­tors­graad in uit­voe­ren­de kuns in Suid-Afri­ka (cum laude) vol­tooi. Hy is in 2016 as se­nior lek­tor in musi­ko­lo­gie aan die Uni­ver­si­teit van Suid-Afri­ka aan­ge­stel waar hy die uni­ver­si­teits­or­re­lis en ku­ra­tor van die in­druk­wek­ken­de Rie­ger-or­rel is. Hy stu­deer tans ver­der in ’n me­die­se rig­ting.

Die kon­sert vind op Sa­ter­dag 16 No­vem­ber om 16:30 in die Wit­kerk op die hoek van Tha­bo Mbe­ki- en Kerk­straa­t plaas. Kaar­tjies kos R100 per per­soon en sluit ’n vinger­ete in.

Vir meer in­lig­ting ska­kel tel. (014) 717 3897 (sog­gens).

Related Articles

Back to top button