Local newsNews

Boere kyk terug op mooi geskiedenis

Die El­ders-boe­re­ver­eni­ging in die Mook­go­phong-dis­trik het ty­dens hul 65ste be­staans­jaar­vie­ringe ’n blik na die ver­le­de ge­neem.

Ockert Scher­man het ty­dens die af­slui­tings­geleentheid hoog­te- en laag­te­pun­te uit die eers­te ver­ga­de­rings se no­tu­les ­ge­lig.

“Die pro­ble­me waar­mee die boe­re van­dag wor­stel en die pro­ble­me van 65 jaar ge­le­de is maar presies die­self­de,” het Scher­man ge­sê.

Die ge­sel­li­ge geleent­heid is op Vry­dag­aand 1 No­vem­ber by Die Oli­fant bui­te die dorp ge­hou. Scher­man het in sy ver­wel­ko­ming ver­wys na die groei van boer­de­ry­bedrywig­hede se­dert die stig­ting van die ver­eni­ging.

Die boe­re­ver­eni­ging is op 28 April 1954 op die plaas Leeu­kuil ge­stig.

Die toe­stand van paaie en die droog­te, net soos van­dag, is destyds as knel­pun­te aan­ge­te­ken. Scher­man het nos­tal­gies ver­wys na die pad­skra­per wat da­rem die paaie ge­reeld ge­skraap het en in een no­tu­le word daar ver­wys na die pro­bleem van room­kan­ne wat op die sta­sie ver­lo­re ge­raak het. In an­der no­tu­les word daar ’n paar keer mel­ding ge­maak van die El­ders-boe­re­ver­eni­ging se be­trok­ken­heid by die teer van die pad tussen Crecy en Roed­tan.

Cal Gib­son was die eers­te voor­sit­ter wat ver­kies is en die lede­geld het een pond per jaar be­loop (ongeveer R2).

“Daar is in 1979 ver­al ge­skryf oor die baie veld­bran­de en dit is ook wan­neer die Na­boom­spruit-brand­ver­eni­ging ont­staan het,” het Scher­man ge­sê.”

Die lede­geld is in 1980 na R25 per lid per jaar verhoog en ’n lid moes twee ver­ga­de­rings by­woon an­ders het die be­trok­ke lid sy lid­maat­skap verloor. Scher­man het Ba­sie Ja­cobs as een van die bes­te voor­sit­ters in die be­staan van Elders uitgesonder.

Die oud­ste lid van die boe­re­ver­eni­ging, Ni­co Mul­ler, wat in 1980 aan­ge­sluit het, het ook die geleent­heid by­ge­woon. Scher­man is se­dert 1985 lid van die ver­eni­ging en is van­jaar al 24 jaar voor­sit­ter.

Charl Hey­mans is as nu­we on­der­voor­sit­ter ver­wel­kom. Scher­man het ook vir Flo­ris Booy­sen ge­luk­ge­wens met sy ver­kie­sing as nu­we voor­sit­ter van die Pot­gie­ters­rus-dis­trik­land­bou-unie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button