Local newsNews

Werkers touwys gemaak by opleidingsdag

Die 11de op­lei­dings­dag waar plaas­wer­kers hul ver­nuf op verskeie gebie­de kon slyp is die af­ge­lo­pe week gehou.

Die dag, wat aan­ge­bied is deur die Na­boom­spruit-be­dryf­stak van Wild­be­dryf Suid-Afrika (WRSA), is op Woens­dag 9 Ok­to­ber by Castle de Wildt bui­te Modi­mol­le aan­ge­bied en so­wat 200 men­se het dit by­ge­woon.

Die wer­kers kon kies uit on­der­wer­pe soos brand­be­heer, che­mie­se on­kruid­be­heer, vleis­ver­wer­king, tro­fee­slag, gas­vry­heids­toe­pas­sing en voed­sel­voor­be­rei­ding.

Charles Ma­sho­kwa van ’n tak­si­der­mie wys kur­sus­gangers hoe ’n tro­fee­bok af­ge­slag moet word. Langs hom staan Wil­lem van De­ven­ter van die Bos­­veld Jag­­ters- en Wild­­b­e­­w­a­­rings­­ver­­eni­­ging.

 

Working on Fire (WoF) het die op­lei­ding oor brand­beheer aan­ge­bied en plaas­li­ke in­stan­sies het op­lei­ding ge­gee in die be­dry­we waar­in hul be­trok­ke is.

Wil­lem van De­ven­ter van die Bos­veld Jag­ters- en Wild­be­wa­rings­ver­eni­ging (WRSA) en Paul Els en Charles Mosho­kwa van ’n tak­si­der­mie in Modi­mol­le het ’n prak­tie­se kur­sus in tro­fee­slag aan­ge­bied. Dit het in­ge­sluit die af­slag van die vel vir ’n skouer­mon­te­ring, as­ook die af­slag van die vel vir ’n vol mon­te­ring van ’n tro­fee­dier. Twee rooi­bok­ke vir skouer­mon­te­ring en twee vlak­var­ke vir vol­mon­te­ring is deur le­de van WRSA ver­skaf so­dat kur­sus­gangers kan sien hoe die “mas­ker” of he­le dier af­ge­slag word.

Wer­kers wat die 11de op­lei­dings­dag van die Na­boom­spruit-be­dryfs­tak van Wild­be­dryf Suid-Afrika byge­woon het, kon kies tus­sen ver­skeie kur­sus­se soos voed­sel­voor­be­rei­ding.

 

“Slegs en­ke­le van die wer­kers wat daar was het al van­te­vo­re tro­feë ge­slag en hul­le het dit baie in­te­res­sant ge­vind. ’n Aan­tal skaap­kop­pe is deur slag­hui­se voor­sien en slag­mes­se is be­skik­baar ge­stel so­dat el­ke wer­ker die ge­leent­heid kon kry om self tro­fee­slag te er­vaar,” het Van De­ven­ter ge­sê.

Die wer­kers het ge­leer hoe om die trofee­dier te han­teer van die oom­blik dat dit ge­skiet is tot­dat die vel, kop en ho­rings voor­be­rei is vir be­wa­ring of ver­sen­ding na die tak­si­der­mie.

“Na­dat dit ge­jag is, is dit be­lang­rik om dit so gou as moont­lik in die koel­te te kry en dan so gou as moont­lik af te slag om die tro­fee en die vleis te be­waar. Na­dat dit af­ge­slag is, moet al­le los stuk­kies vleis en vet aan die vel ver­wy­der word, dit moet skoon ge­was word, die wa­ter moet kans ge­gee word om af te drup en dan moet dit ge­sout word met goeie ge­hal­te sout. Daarna moet dit so drie na vier dae kans ge­gee word om droog te word en dan kan dit ver­send word,” het hy ge­sê.

Die wer­kers kon eni­ge twee van die on­der­wer­pe kies vir op­lei­ding. ’n Heer­li­ke bord kos, koel­drank en na­ge­reg is vir middag­ete voor­sien. Elke kursus­ganger is met ’n ser­ti­fi­kaat be­loon.

Related Articles

Back to top button