Local newsNews

Nóg ’n leerder van Hoërskool Warmbad mik vir Mnr. Suid-Afrika-kroon

David Schabort (18), ’n matriekleerder van Hoërskool Warmbad, is ná die eerste ronde van die gesogte Mnr. Suid-Afrika-kompetisie aangewys as een van die tophonderd wat ingeskryf het.

Dié lys is einde September bekend gemaak.

David is die jongste deelnemer tot dusver in dié kompetisie.

Adriaan Bergh, ’n oud-Warrie, het die Mnr. Suid-Afrika-titel in 2011 gewen.

David het aan Die Pos gesê hy is hoopvol om goed te vaar in die kompetisie. Hy het reeds die titels van Mnr. Bosveld en Mnr. Warrie verower.

“Hierdie geleentheid kan vir my deure oopmaak. Ek gaan my beste gee, ’n goeie voorbeeld vir alle mans stel en hopelik die kompetisie tot nuwe hoogtes voer.”

Die finaliste word aanstaande jaar bekend gemaak.

Mense kan David ondersteun deur sy unieke deelnemernommer (MRSA93) na tel. 40439 te SMS of lesers kan vir hom stem deur die toep, Zapper, af te laai.

Elke SMS kos R2 en daar is geen perk op hoeveel keer mense kan stem nie.

Om op hoogte te bly kan mense die Mnr. SA Facebook-blad besoek.

Related Articles

Back to top button