Local newsNews

Die Pos pryk in praguitgawe van nuwe boek oor die Waterberg

Die Pos is baie trots daarop om deel te wees van die pragpublikasie, Waterberg Echoes — ’n hardebandkoffietafelboek met meer as 800 bladsye deur Richard Wadley.

Dié boek neem lesers met stories, kaarte en foto’s op ’n geskiedkundige reis deur die ontstaan van die Waterberg.

Daar is pragtige ou foto’s van bykans al die groot dorpe in die Waterberg en omskrywings van die pioniers van dié omgewing, hul uitdagings en prestasies. Voorts word daar klem geplaas op geskiedkundige plekke in die omgewing, plaasskooltjies en ander plekke van historiese belang soos grafte en begraafplase.

Daar word ook gekyk na die geskiedenis van die media in die Waterberg en dit is dáár waar Die Pos skitter. Wadley skryf oor Die Pos se nederige ontstaan in 1982 tot waar die koerant vandag is en daar is ook ’n foto van die heel eerste uitgawe van Die Pos-koerant in die boek.

Wadley, ’n afgetrede geoloog wat in Vaalwater woon, het tien jaar lank navorsing gedoen en talle onderhoude gevoer, argiewe deurgesnuffel en leesstof deurgewerk voordat dié boek gestalte gekry het.

Die boek word deur Protea Boekhuis uitgegee en kos ongeveer R800.

Waterbergers in murg en been, en mense wat hou van geskiedenis, kan gerus dié boek aanskaf.

Related Articles

Back to top button