Local newsNews

Spoggerige ete vir Mookgophong-bejaardes aangebied

’n Spog­gerige ete word vir Sater­dag 26 Okto­ber ten bate van die Na­boom Tuiste vir Be­jaar­des in Mook­go­phong beplan.

Die ete beloof om ’n uit­hang­geleent­heid te wees. Gaste sal vanaf 18:30 by die NG-kerk­saal ont­vang word.

Soos talle ander in­stansies beno­dig hierdie tehuis ook geld vir deeg­like instand­hou­ding en die goeie ver­sorging van die be­jaardes. Die gemeen­skap het reeds ruim byge­dra tot die ge­leent­heid. In die woorde van Toeks Eras­mus, een van die orga­ni­seerders: “Onse goeie mense gee graag.”

Sy het mense wat belang­stel om die geleent­heid by te woon genooi om kaar­tjies vir ’n sesgang­ete by die ver­skillende kerk­kantore en ook by Die Tuiste se kantoor te koop. Kaartjies kan afge­lewer word indien dit nie moontlik is om dit te gaan koop nie.

Volgens Erasmus sal baie van die organi­sasies in die dorp deel­neem aan dié poging. Die Gerefor­meerde Kerk se vroue sorg vir die groente wat deur die boere­vereni­gings geskenk is en Simon Prins­loo sal van sy heer­like wilds­vleis­pasteie gaar­maak. Daar sal selfs ’n vol­struis­bre­die op die spys­kaart wees, asook ’n heer­like hoender­gereg. Die voor­gereg is tradi­sionele pap en kaiings.

Elizabeth Wood­cock, ’n besoe­ker uit Enge­land wat tans in die omge­wing kuier, het aan­ge­bied om die slaai­borde voor te berei. “Ons het werk­lik groot waarde­ring vir iemand met soveel inisia­tief,” het Eras­mus gesê.

Emsie Malan, wat in beheer is van Die Tuiste se kom­buis, berei die biltong­sop voor en Shangri-La maak die nage­reg en kaas­borde en skenk ook ’n nag verblyf as prys vir ’n geluk­kige persoon. Die ete word afge­sluit met port en sjoko­lade wat saam met koffie en tee deur leer­ders van Hoër­skool Hans Strijdom bedien word.

Al die wyn en glase vir die geleent­heid is deur Anne­marie Pot­gieter geskenk en die kerk het die saal gratis beskik­baar gestel.

Anne-Marie Mailo­vich, wat binne­kort na Engeland en Ier­land vertrek om haar sang­studies daar voort te sit, sal as gas­kunste­naar optree met bekende opera-arias.

Bespre­kings kan reeds gedoen word by tel. (014) 743 0685 of by die ver­skil­lende kerk­kantore. Kaartjies kos R150 per persoon.

Related Articles

Back to top button