Local newsNews

Kansa-staatmaker met toekenning beloon

Magda van Huyssteen, ’n pensioentrekker van Modimolle, het op Donderdag 12 September die Mariëtte Loots-toekenning by die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se jaarvergadering in Pretoria ontvang.

Hierdie besondere erkenning gaan aan die mees lofwaardige vrywillige werker in Limpopo, Gauteng en Noordwes.

Volgens Wilna van den Heever van die Kansa-tak in Modimolle, offer Van Huyssteen haar vrye tyd op en doen diens op alle terreine waar Kansa betrokke is.

“Sy is die ekstra hand in die streekkantoor in Modimolle wat in baie gevalle die taak van die personeel verlig. Sy is besonder bedrewe en stiptelik met administratiewe werk en is onwrikbaar eerlik.

Sy onderneem al jare lank die hele Kansa-blikkieprojek wat sy by ondernemings in ’n groot deel van die streek plaas.

“Kansa se personeel wil haar bedank vir haar getroue en onbaatsugtige werk en ons hoop sy sal nog lank by ons betrokke bly,” het Van den Heever gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button