Local newsNews

Familie groet ouma Sannie van Die Oog

Die Mookgophong-gemeenskap het afskeid geneem van Susanna Gonsalves (84) wat op Donderdag 26 September by Die Oog-aftreelandgoed se versorgingseenheid oorlede is.

Volgens haar dogter, Edith Jacobs, het Gonsalves se gesondheid agteruit gegaan nadat sy drie jaar gelede ’n beroerte gehad het. Sy het die afgelope drie jaar in Die Oog gewoon.

Gonsalves het in Randburg gewoon voordat sy Mookgophong toe verhuis het.

Haar eerste werk was as tikster by die destydse Vaderland-koerant. Sy en haar man, Harry, is in 1956 getroud en het vier kinders gehad.

“Ouma Sannie was bekend vir haar hulpvaardigheid. Sy was ’n rots in haar kinders se lewens, het ander altyd bo haarself gestel en was ’n diepgelowige Christen,” het Edith gesê.

Gonsalves se roudiens het op Woensdag 2 Oktober by Die Oog plaasgevind.

Sy laat haar man, Harry, asook vier dogters, Elsie Mare, Edith Jacobs, Susan Voges en Jaqulien Jansen van Nieuwenhuizen agter. Gonsalves was die gelukkige ouma van nege kleinkinders en 10 agterkleinkinders.

Related Articles

Back to top button