Kankerstorie wat inspireer
Kansa en die Abraham Kriel-kinderhuis span kragte saam om geld vir dié twee instansies in te samel.
Hulle bied op Saterdag 12 Oktober ’n inspirasie-oggend in Modimolle aan.
Die inspirerende spreker, Claudine Venter wat al twee keer graad 4-kanker (non-Hodgkins limfoom) oorwin het en ’n boek oor haar lewensreis geskryf het, sal die gaste toespreek.
Die tema van die oggend is Punt vs. Komma: slegs God kan ’n punt in jou lewe na ’n komma verander. Die jong sangeres Anneke sal sorg vir die musiek.
Die oggendkuier vind om 09:00 by die Abraham Kriel-kinderhuissaal plaas en sluit ’n ontbyt en geskenkie in. Die koste beloop R150.
Uitstallers is welkom om hul produkte teen R100 uit te stal.
Kaartjies is beskikbaar by Kansa se kantoor in Modimolle. Skakel Kansa by tel. (014) 717 3950 of die kinderhuis by tel. (014) 717 5264.