Local newsNews

DA se Desirée bedien weer Bela-Bela en Thabazimbi

Desirée van der Walt is ná ’n kort rukkie as kiesafdelingshoof in die Mopani-distrik nou weer aangestel as DA-kiesafdelingshoof in die Waterberg-distrik.

Desirée van der Walt is ná ’n kort rukkie as kiesafdelingshoof in die Mopani-distrik nou weer aangestel as DA-kiesafdelingshoof in die Waterberg-distrik.

Bela-Bela en Thabazimbi val onder haar nuwe pos. Volgens haar is die Waterberg haar “tweede tuiste” en sal sy swak dienslewering en korrupsie tot in die parlement bevraagteken.

Volgens Van der Walt sal die DA binnekort ’n reeks gemeenskapsvergaderings hou om kiesers se kwellinge en navrae aan te hoor en met werkbare oplossings vorendag te kom. Op ’n onlangse besoek aan Die Pos het sy gesê dat dit haar doel is om met alle inwoners saam te werk.

Sy nooi inwoners om haar te bel by tel. 082 452 0444.

Related Articles

Back to top button