Local newsNews

Brand­ba­ne steeds nie ­om mu­ni­si­pa­le grond ge­maak

Die Be­la-Be­la-mu­ni­si­pa­li­teit het ná tal­le ver­soe­ke en druk uit die gemeenskap steeds nie brand­ba­ne ­om sekere belangrike mu­ni­si­pa­le grond aan­ge­bring soos deur die wet vereis word nie.

Die na­sio­na­le brand­ver­bod op die maak van oop vu­re is reeds se­dert ein­de Mei van krag. Grond­eie­naars kan dus nie meer brand­ba­ne met vuur maak nie. Alternatiewe metodes moet nou gebruik word.

Die wet bepaal ook dat enigeen wat oop vure maak, nou vervolg kan word.

Die eiendomme waaroor veral kommer heers, is die munisipale grond wat langs die Alma-pad naby die dorpsdam geleë is.

Die na­sio­na­le brand­wet ver­eis dat enige grond­eie­naar of amptenare wat in beheer is van grond in re­ge­rings­besit of die bestuur van grond in privaat besit, jaarliks voor die spertyd brandbane om hul eiendomme moet aanbring. Brand­ba­ne se doel is om weg­hol­bran­de te beheer en te bekamp.

’n Brand het op Vry­dag 16 Au­gus­tus in die op­vangs­ge­bied van die dorpsdam uit­ge­breek. Die Pos was op die toneel. Die brand was te hoog op teen die hange van die berg om deur die brand­weer­diens­te be­reik te word.

Volgens Chris Wagner, voorsitter van die Wa­ter­berg-be­wa­rings­fo­rum, het hulle reeds op verskeie geleenthede hul kommer on­der die aandag van die mu­ni­si­pa­le bestuur ge­bring. Hulle het die bestuur daarop gewys dat weg­hol­bran­de in die op­vangs­ge­bied van die dam die grond­op­per­vlak só kan beïnvloed dat reën­wa­ter in die volgende seisoene net sal wegspoel en nie die grond diep genoeg sal kan binnedring om die on­der­grond­se wa­ter­ta­fel na­tuur­lik aan te ­vul nie.

Die ­fo­rum wys ook daarop dat die ri­si­ko vir vloe­de van­af die hoë hel­lings op die om­lig­gende berg­ge­bied al hoe gro­ter word en dit ’n gevaar kan inhou vir die informele nedersetting, Koppewaai, asook Spa Park, wat aan die gebied grens.

Jo­han Mills, voor­sit­ter van die Be­la-Be­la-be­las­ting­be­ta­lers­fo­rum (BBTF), het aan Die Pos gesê die forum se regsverteenwoordiger het nou ’n skrywe aan die munisipaliteit gerig waarin hulle ingelig word dat hulle aan­spreek­lik ge­hou sal word vir e­ni­ge ska­de wat deur bran­de wat op mu­ni­si­pa­le grond ontstaan, veroorsaak word.

Die BBTF voer aan dat die mu­ni­si­pa­li­teit se ver­se­ke­raars in sul­ke ge­val­le nie eise sal uit­be­taal indien die mu­ni­s­ipa­li­teit ver­suim het om brand­ba­ne volgens wetlike voorskrifte te maak nie.

“Die mu­ni­sipale be­stuur­der kan krag­tens wet per­soon­lik aan­spreek­lik ge­hou word in­dien brand­skade ont­staan,” het Mills ge­sê.

Die BBTF beoog om slag­of­fers wat brand­ska­de gely het weens bran­de wat op mu­ni­sip­ale grond ontstaan het, by te staan in die regsproses. Die BBTF is voorts bereid om as getuies in hofsake op te tree, het hy gesê.

Die Pos het Ka­be­lo Mo­si­to, mu­ni­si­pa­le woord­voer­der, vir kom­men­taar ge­na­der. Volgens Masito was die mu­nisipa­liteit die afge­lope paar maande met die munisi­pale grond­oudit besig en die opgawe is nou voltooi. Hulle beoog nou om in Septem­ber brand­bane in die Vin­ger­kraal-omge­wing te begin, waarna hulle na ander gebiede sal uit­brei.

Related Articles

Back to top button