Local newsNews

Wenke vir ’n flatervrye matriekafskeid

Mearle Norman van Bela-Bela, wat al meer as 30 jaar matriekafskeidrokke maak, gee dié handige wenke vir ’n flatervrye matriekafskeid.

Mearle se wenke vir ’n flatervrye matriekafskeidrok:

  • Maak vooraf soveel prentjies as moontlik bymekaar van rokke wat vir jou mooi is. Pinterest het lieflike voorbeelde.
  • Die snit, en of dit by jou postuur pas, is belangriker as die kleur.
  • Ken jou lyf se goeie en swakpunte wanneer jy kyk na byvoorbeeld soomlengte of halslyne.
  • Beklemtoon jou mooi fisieke eienskappe soos byvoorbeeld ’n mooi rug.
  • ’n Mens hoef nie ’n fortuin op materiaal te bestee nie, maar dan moet jy slim wees en materiaal ken wanneer jy dit koop.
  • Jy moet gemaklik kan beweeg in jou rok.
  • Dit is ’n goeie idee om vir jou metgesel ’n stukkie van jou roklap te gee sodat hy ook ’n idee het waarna om te kyk as hy sy uitrusting kies.
  • Loop lig vir “winskopies” op die internet. Die gehalte is baie keer power en ontwerpers sal nie graag verstelwerk aan ander mense se ontwerpe wil doen nie.
  • Speel oop kaarte met jou rokmaker oor geldsake. ’n Droomrok hoef nie ’n plaas se prys te kos nie.
  • Hou ook die “verskuilde” koste in berekening soos hare, grimering, juwele, skoene, handsakkies en fotograwe. Vra gerus jou ontwerper se mening hieroor. Hy of sy sal goeie
    aanbevelings kan maak.
  • As jou rok se hals baie detail het, moet liefs nie juwele om jou nek dra nie. Kies eerder iets soos ’n mooi armband.

Related Articles

Back to top button