Local newsNews

Skenkers hoor oor Kansa se planne om beter diens te lewer

“Ons is dank­baar dat so­veel van ons sken­kers die dag kon by­woon.”

Die na­sio­na­le hoof­de van die Kanker­vereni­ging van Suid-Afrika (Kan­sa) het Lim­po­po on­langs be­soek en die tak in Modi­mol­le het hul­le met ope arms ver­wel­kom.

’n Ge­leent­heid wat deur meer as 80 men­se by­ge­woon is, is op Dins­dag 13 Augus­tus by die Abra­ham Kriel­-kin­der­huis se saal ge­hou.

Elize Jou­bert, die hoof- uit­voe­ren­de beamp­te van die or­ga­ni­sa­sie, het baie in­lig­ting oor die be­stuur van die or­ga­ni­sa­sie, as­ook oor stra­te­gie­se be­plan­ning oor die han­te­ring en in­sa­me­ling van geld, aan die ge­hoor ge­gee.

“Dit verg deeglike beplan­ning om as nie-wins­ge­wen­de or­ga­ni­sa­sie in die hui­di­ge eko­no­mie­se toe­stan­de te oor­leef. Dit is be­lang­rik dat die sken­kers weet hoe die or­ga­ni­sa­sie met die sken­kings om­gaan,” het Wil­na van den Heever, ge­meen­skaps­mo­bi­li­seer­der in Modi­mol­le, ge­sê.

Kan­sa het die af­ge­lo­pe boek­jaar ’n be­son­de­re groot hoe­veel­heid kan­ker­sif­tings­toet­se ge­doen om die siek­te vroegtydig op te spoor. Die me­die­se toe­rus­ting wat be­skik­baar is en die on­der­steu­ning wat daag­liks aan pa­siën­te ver­leen word, was ook ’n ver­ras­sen­de sta­ti­stiek.

“Ons is dank­baar dat so­veel van ons sken­kers die dag kon by­woon,” het Van den Heever ge­sê.

“Kan­sa kan nie voort­be­staan as ons nie ge­bruik maak van talle vry­wil­li­gers wat hul spe­sia­le vaar­dig­he­de met ons deel nie. Ons is besonder trots op die groot hoe­veel­heid Wa­ter­bergers wat hul­self be­skik­baar stel in die veld waar hulle graag diens­te wil le­wer.”

Kan­sa se Wa­ter­berg-­kan­toor is in Fried­berg­weg 38 in Modi­mol­le ge­leë.

Na­vrae kan gerig word aan Ma­riaan le Roux by tel. (014) 717 3950 of aan Wil­na van den Heever by tel. 082 493 1884.

Related Articles

Back to top button