Local newsNews

DA strek helpende hand op Vrouedag uit

’n Donasie aan jong meisies en vroue in Vaalwater, poog om te verseker dat hulle nie onnodig skoolure misloop nie en kan voortgaan met hul daaglikse take.

’n Studie wat in 2018 deur die Universiteit van Stellenbosch se regskliniek gedoen is, het bevind dat sowat 30% van vroulike leerders wat weens armoede nie sanitêre produkte kan bekostig nie, nie gedurende dié tyd skool bywoon nie. Dit beteken dat een meisie tot soveel as 90 skooldae kan misloop.

Die DA se Women’s Network (DAWN) in Limpopo het, nadat hulle besef het dat daar ’n groot behoefte aan sanitêre produkte onder vroue in arm gemeenskappe is, op Vrydag 9 Augustus, ’n skenking gemaak. Dit was ewe gepas op Vrouedag. Die netwerk se voorsitter, parlementslid Desireé van der Walt, het die produkte help uitdeel.

Volgens Marlene van Staden, burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, bly die meisies meestal tuis tydens hul maandstonde omdat hulle nie sanitêre produkte kan bekostig nie.
Die doekies wat geskenk is, kan hergebruik word en hou tot vyf jaar lank.

Related Articles

Back to top button