Local newsNews

Jag­ters geroskam oor foto’s

Die winter is jagtyd in die Bosveld en menige jagter spog ge­reeld met jagfoto’s.

Die plaas van jag­foto’s lok egter baie (soms onno­dige en lasterlike) kritiek onder veral bewarings­bewus­tes uit.

Die Pos het probeer uitvind waar die fyn lyn lê in die publi­sering van jag­foto’s, want daar is streng wetge­wing wat albei kante van dié spektrum beskerm.

Ons het gaan kers opsteek by He­lene E­loff, regs­ad­vi­seur van die Caxton-koe­rant­groep en by Ni­co Wep­pe­ner, voor­sit­ter van die Bos­veld-jag­ters­ve­re­ni­ging (BJV).

Eloff het in reaksie gesê: “Gestel mnr. X jag met die no­di­ge per­mit op ’n jag­re­ser­vaat. Hy plaas ’n fo­to van sy suk­ses­vol­le jag­tog op Facebook. Mnr. Y brand­merk hom as ’n skelm en noem hom ge­weld­da­dig en wreed. Mnr. X se regs­po­si­sie is dat hy be­las­ter is deur die pu­bli­ka­sie van ’n stel­ling wat hom as ’n skelm, wreed en ge­weld­da­dig voorstel. Mnr. X kan ska­de­ver­goe­ding van mnr. Y eis op grond van las­ter,” het E­loff ge­sê.

“’n Goue reël is om nie iets kwyt te raak wat nie waar of in die o­pen­ba­re be­lang is nie. Waar­heid en open­ba­re be­lang ver­wys na in­lig­ting wat ge­meen­skaps­le­de no­dig het om ver­ant­woor­de­li­ke be­slui­te te neem. Kom­men­taar of ’n mening sal slegs as ver­weer teen ’n las­ter­eis dien as dit ge­grond is op fei­te in die o­pen­ba­re be­lang en vry is van ve­nyn,” het Eloff gesê.

Wep­pe­ner het in re­ak­sie ge­sê al was die jagtog wettig en eties, wil die BJV hul le­de aan­raai om nie hul jagfoto’s op so­sia­le me­dia te plaas nie.

“Daar is ba­ie sen­si­tie­we ky­kers en daar­om be­hoort slegs jag­fo­to’s wat in goeie smaak is, ge­plaas te word. “Geen bloed moet ge­sien word nie,” is sy raad. “Ongelukkig is daar altyd men­se wat nie dink voor­dat hul­le iets doen nie.”

Vol­gens hom is daar dees­dae ’n sterk kul­tuur wat die jag­be­dryf veroordeel, al dra die be­dryf miljarde tot die e­ko­no­mie en be­wa­ring ­by.

Volgens Wep­pe­ner is daar ’n groot verskil tussen werk­li­ke jag­ters en a­ma­teurs wat die be­dryf skade kan be­rok­ken. Hy het uit­druk­lik ge­sê al­ko­hol­mis­bruik en vuur­wa­pens moet “nooit saamloop nie”.

“Al ons le­de volg be­kwaam­heids­kur­sus­se en word ge­leer wat e­tie­se jag­ge­drag is. Mense wat on­smaak­li­ke jag­fo­to’s van hul­self en hul be­bloe­de tro­feë plaas, word aangespreek en kan dis­si­pli­nêr- en ge­reg­te­lik vervolg word as hulle die wet oortree.”

E­loff het gesê fluit­jie­bla­sers wat on­raad in die be­dryf ver­moed of onreëlmatigheid ge­sien het, moet hul feite reg hê voordat hulle aantygings in die openbaar maak.

“Mense wat dié wet oortree, kan ge­dag­vaar word vir las­ter, maar die ver­weer van waar­heid en o­pen­ba­re be­lang be­hoort ge­bruik te word om aan­spreek­lik­heid vry te spring.”

“Ie­mand wat ter goe­der trou ’n mis­daad aan­meld, hoef glad nie die aan­ty­ging van mei­need te vrees nie, want hy of sy het nie die be­doe­ling gehad om te be­drieg nie. Men­se wat eg­ter op­set­lik val­se ver­kla­rings by die po­li­sie af­lê, be­hoort so ’n aan­ty­ging te vrees,” het Eloff gesê.

Wep­pe­ner se aanbeveling vir jag­ters wat met trots hul tro­feë met die wê­reld wil deel, is om die BJV te na­der en hul fo­to’s in die ge­reel­de BJV-uit­ga­we te laat publi­seer.

“Die jag­be­dryf staan tans sterk en solank alles wet­tig ge­doen word, bly ons trots op ons be­dryf en ons jag­ters,” het hy ge­sê.

“Ons pro­beer al vir ja­re om die waar­de van die be­dryf in natuurbewarings­kringe te bevestig deur die benutting en bestuur van natuurlike hulpbronne. Die BJV, as­ook die Na­sio­na­le Kon­fe­de­ra­sie van Jag­ters­ver­e­ni­gings van Suid-Af­ri­ka (Chasa), leer ver­al jong­men­se wat die waar­de van jag en die na­tuur is. Dit is te dan­ke aan die jag- en wild­be­dryf dat daar van­dag meer wild in Suid-Af­ri­ka is as wat daar 60 jaar ge­le­de was.”

Related Articles

Back to top button