Local newsNews

Wikkel breinaalde en hekelpenne teen koue

Brei­- en heke­lgeesdriftiges kan hul koue vingers se lit­te los­skud en so­lank die brei- en he­kel­pen­ne na­der trek.

Pro­jek Om­gee­ser­pe in Modi­mol­le spring nou al weg so­dat hul­le vol­gen­de win­ter ser­pe aan hulp­be­hoe­wen­des kan skenk.

Die pro­jek se orga­niseer­ders het van­jaar ’n blaas­kans ge­vat, maar wil weer aanstaande jaar oral in die dorp serpe op­hang waar die­ge­ne wat dit no­dig het, een kan neem.

Ty­dens ’n vo­ri­ge po­ging is daar meer as 300 ser­pe uit­ge­deel.

“Dit is mos lek­ker­der om in die koue maan­de met wol op jou skoot te sit as in ons snik­he­te so­mers,” het Deirdré Stoff­berg, wat die pro­jek ge­loods het, gesê. “Ons het die af­ge­lo­pe jaar baie na­vrae ge­had oor wan­neer die pro­jek weer voort­gaan.”

Die­ge­ne wat betrok­ke wil raak, kan hul eie wol, leng­te van serp en pa­troon kies. Hul­le word aan­ge­moe­dig om so­lank aan die werk te spring — ’n af­gee­punt sal later aan­ge­kon­dig word. Diegene wat nie kan he­kel of brei nie, maar die pro­jek wil steun, is wel­kom om wol te skenk.

Vir meer in­lig­ting, bel vir Stoff­berg by tel. 083 564 6929 of stuur ’n e-pos aan omgeenylstroom@gmail.com(.) Die Facebook-groep se naam is “Om­gee Nyl­stroom”.

Related Articles

Back to top button