Local newsNews

‘Voortrekkers’ trek op agterpaaie van Bela-Bela en Modimolle

Be­la-Be­la- en Mo­di­mol­le-in­wo­ners het die afgelope week gedink hulle droom toe hulle die Dromme­daris op vier wiele, gelei deur ’n span van vier blinkvet osse, op ons paaie gewaar het.

Le­de van die Trek­boer-ver­e­ni­ging het op Maan­dag 1 Ju­lie vanaf die Bateleur-natuurreservaat in die Groot Nyls­oog-om-g­e­wing op ’n trekreis van ongeveer 50 km vertrek. Hul het die reis, wat ongeveer ’n week geduur het, aangepak ter nagedagtenis aan die vroue en kinders wat tydens die Anglo Boere-oorlog (1899-1902) in die konsentrasiekamp by Modimolle (destyds Nylstroom) gesterf het.

“Die mees­te men­se weet nie dat ba­ie vrou­e en kin­ders hier­die eins­te ber­ge ty­dens die oor­log in­ge­vlug het nie. Ons werp lig op die ge­skie­de­nis met ons le­wen­de en be­we­gen­de mu­seum ter na­ge­dag­te­nis aan ons voor­sa­te en wat hul­le deur­ge­maak het,” het Jaco Jan­se van Rens­burg, trek­lei­er, aan Die Pos ge­sê.

Die groep, wat uit le­de van reg­oor die land be­staan, neem jaar­liks aan uit­stappies deel wat on­der meer ge­skied­kun­di­ge plek­ke soos Ma­ju­ba en Bloed­ri­vier in­sluit.

Van die le­de is self betrokke by die voorbereiding vir hierdie uitstappies. Her­man Nel van Mo­di­mol­le, lid van die be­we­ging, het self een van die waens waarmee daar getrek is, gebou. Piet Breytenbach was deel van die eerste geskiedkundige trek wat in 2001 na Hessie-se-water onderneem is.

Wat die groep trekkers so u­niek maak is dat hul­le tra­di­sio­ne­le klere dra en i­tems — wat eie is aan die tyd­perk — ty­dens hul trek ge­bruik en dus bykans met primitiewe geriewe oorleef.

“Dit verg ba­ie na­vor­sing, maar e­nig­ie­mand wat ons langs die pad gesien het, kon op­klim en die ervaring mee­maak. Men­se kry dan waar­de­ring vir ons voor­ou­ers, want hul­le het dit nie mak­lik ge­had nie. As iets gebreek het, moes dit herstel word,” het hy ge­sê.

“Dit is ’n be­le­we­nis om te weet dat jy af­ge­son­der is van die wê­reld. Gewone take soos om water te kry, word ’n uitdaging, want daar is wil­de die­re in die omgewing. As dit dae aaneen reën, is dit baie ongerieflik.”

Die span het ses os­se, wat uit nguni- en Af­ri­ka­ner­bees­te be­staan. Hulle kan ’n wa teen om­trent 5 km per uur trek, af­hang­en­de van die pad­op­per­vlak.

Jan­se van Rens­burg het ge­sê dat ’n os­se­wa om­trent 22 km per dag kan af­lê, maar in die ou da­e het die stan­daard­wa om­trent 14 os­se ge­had wat die wa ge­trek het, wat dan ’n hoër spoed kon bereik.

“Daar is niks so sterk soos os­krag nie, maar dit verg moei­te. Die os­se word van die be­gin af ge­leer in wat­ter po­si­sie hul­le die wa moet trek. As ’n mens be­sluit om net een os te skuif, is die dinamika van die span só anders dat die he­le trek van koers af is,” het hy ge­sê.

“Os­se­waens, wat hout- of staal­as­te het, moes in die ou dae ge­re­gis­treer word en eie­naars moes wiel­be­las­ting be­taal. Teen die 1960’s was daar ongeveer 3 000 ge­re­gis­treer­de os­se­waens in die land.”

’n Ti­pie­se dag op een van die groep se eks­kur­sies be­gin gewoonlik vroeg­oggend met ’n kop­pie kof­fie en be­skuit. Dan word die os­se in­ge­span, wat ’n tydsame en geduldige proses is en eers na­dat die kamp opgeslaan is en al die voor­raad op die waens ge­laai is, be­gin die dag se trek.

Vanjaar se trek het ver­le­de na­week bui­te Be­la-Be­la ten einde geloop.

“Ons wil graag hier­die trek­be­we­ging ’n jaar­lik­se in­stel­ling pro­beer maak en selfs kam­pe vir kin­ders reël. Dit is no­dig om ons kin­ders te leer waar ons van­daan kom,” het Janse van Rens­burg ge­sê.

Die groep bedank almal wat hulle tydens die trek ge­huisves en uit be­lang­stel­ling be­soek het.

  • Die Trek­boer-ver­e­ni­ging be­staan tans uit 50 ak­tie­we trek­le­de en het ongeveer 400 vol­ge­ling­e op hul Face­book-groep.Vir na­vrae bel vir Piet Brey­ten­bach by tel. 071 340 9658 of vir Jaco Jan­se van Rens­burg by tel. 082 853 5400, of stuur e-pos na endrietta@telkomsa.net(.) Men­se kan ge­rus hul­le Facebook-blad ook volg.

Related Articles

Back to top button