Local newsNews

Borgtog aan Hepburn toegestaan

Stephan Hep­burn kon van­dees­week, ná maan­de ag­ter tra­lies, weer huis toe gaan na­dat borg­tog van R15 000 aan hom toe­ge­staan is.

Dié stap volg na­dat sy reg­span ’n suk­ses­vol­le pe­ti­sie aan die hoog­ge­regs­hof ge­rig het om ver­lof tot ap­pèl nadat dit in Maart deur die Mo­di­mol­le-streek­hof van die hand ge­wys is.

Die 39-ja­ri­ge Hep­burn is in Ja­nua­rie van­jaar tronk­straf van ses jaar op­ge­lê na­dat hy skul­d beken het op ’n klag van straf­ba­re man­slag. Dié klag het ge­volg op ’n skiet­on­ge­luk in Fe­brua­rie 2016 waar­in hy ty­dens ’n bos­vark­jag in die Tuin­plaas-om­ge­wing ’n man in ’n mie­lie­land dood­ge­skiet het.

Hep­burn het ty­dens sy ver­hoor ge­sê hy het die aand ’n be­we­ging tus­sen die mie­lies gesien en geskiet omdat hy gedink het dat dit ’n bos­vark is. Hy het op die lig­gaam van die 23-ja­ri­ge Jan Rai­lo af­ge­kom en die Tuin­plaas-po­li­sie ont­bied. Railo was glo ’n wer­ker op ’n na­bu­ri­ge plaas. Die hof het ge­hoor dat Hep­burn met die toe­stem­ming van die plaas­eie­naar gejag het en dat wer­kers op die plaas in ken­nis ge­stel is dat daar gejag gaan word.

Ty­dens Hep­burn se eers­te ver­sky­ning in die hof was dit ­volge­pak met men­se in T-hem­de van po­li­tie­ke par­tye wat be­le­di­gings uitge­skree het. Die na­sio­na­le ver­vol­gings­ge­sag het die aan­vank­li­ke moord­klag teen Hep­burn in Sep­tem­ber daar­die jaar na ’n klag van straf­ba­re man­slag verander. Po­gings tot be­mid­de­ling tussen Hep­burn en Railo se fa­mi­lie was on­suk­ses­vol.

Die ge­re­ken­de ad­vo­kaat, Mike Ma­ritz, het in Maart vanjaar sy gewig by Hep­burn se reg­span in­ge­gooi en ’n twee­le­di­ge aan­soek om ver­de­re ge­tuie­nis ter straf­ver­sag­ting te bring. Hy het ook ver­lof tot ap­pèl gerig op grond daar­van dat die von­nis on­van­pas is. Land­dros Pie­ter Man­tha­ta het dié aan­soek van die hand ge­wys.

  • Die saak sal in die hoë­hof in Polokwane aangehoor word. Teen druktyd was ’n hofdatum nog nie bekend nie.

Related Articles

Back to top button