Local newsNews

Inwoners fiks en viets ná fiksheidskompetisie

Bloed­sweet en deur­set­tings­ver­moë het die knoop deur­ge­haak vir twee in­wo­ners van Mo­di­mol­le wat as fi­na­lis­te in ’n ge­wil­de fiks­heids­kom­pe­ti­sie gekies is.

Han­na Pis­to­rius en Vernon Julyan het — on­be­kend aan me­kaar — vir die USN Body Makeover Challenge ingeskryf en is albei as een van die tien mans- en vroue fi­na­lis­te ge­kies.

Pis­to­rius, ’n enkel­ma, ver­tel dat sy haar ingesteldheid weer wou po­si­tief kry en be­sluit het om dié uit­da­ging aan te pak en aan haar­self te be­wys dat sy dit kan doen. “Ek het be­gin oefen en reg eet. Ek bly op ’n plaas en het by die huis be­gin oefen met ge­wig­te, ’n oefen­bal en -mat en gaan draf. Ek kon nie ’n gim­nasium of dieët­kun­di­ge be­kos­tig nie en het dit so op my eie aan­ge­pak,” het sy ver­tel. Die uit­da­ging be­hels dat deel­ne­mers ’n voor­af­fo­to in­stuur en hul mates verskaf.

Vernon Julyan van Modimolle se harde werk en deursettingsvermoë het hom ’n plek as een van die finaliste in die USN Body Makeover Challenge besorg.

 

Hul­le vol­tooi dan ’n 12 we­ke kur­sus waar­na hul­le weer ’n fo­to en mates in­stuur.

Pis­to­rius het die uit­da­ging twee keer aan­gepak. Haar eers­te po­ging is on­der­breek na­dat sy ’n groot ope­ra­sie ondergaan het en nie kon oefen nie. Sy het egter so gou as wat sy kon, weer begin oefen en weer in­ge­skryf. Haar raad aan ander vroue is om hul­self uit te daag. “’n Mens kan be­sluit dat ’n nu­we be­gin nóú is. Moe­nie dat an­der men­se jou ver­tel wat jy kan of nie kan doen nie,” het sy ge­sê.

Ju­lyan het ge­sê dat hy by Obies Boxing and Fitness Academy met die boksoefen­klas­se begin het. “Dit het my ge­help om die wiel aan die rol te sit. Ek hou van uit­da­gings en het be­sluit om op die in­ter­net te gaan soek vir ’n uitdaging en het op dié kom­pe­ti­sie af­ge­kom. Ek het ver­le­de Augus­tus be­gin en dit was net wat ek no­dig ge­had het om my ge­sond­heid te ver­be­ter. Ek wou aan my myself bewys dat jy uitkry wat jy insit,” het hy ge­sê.

Julyan het elke og­gend ge­trou om 03:30 vir sy boks­oefe­ninge aan­ge­meld. Hy sê dat die mo­ti­ve­ring van die men­se om jou baie be­lang­rik is. “My vrou was my groot­ste mo­ti­ve­ring.” Reg oefen en reg eet het die deur­slag ge­gee en hy het 10 kg af­ge­skud.

Die fi­na­lis­te in die kom­pe­ti­sie se fo­to’s is op die Facebookbladsy USN Body Makeover ge­plaas waar die pu­bliek die vor­de­ring wat hul­le in 12 we­ke ge­maak het kan sien en vir hul guns­te­ling kan stem. Die prys­geld be­loop R10 000, asook R15 000 pro­duk­borg­skap­pe.

Related Articles

Back to top button