Local newsNews

Dramagroep vermaak bejaardes by sop-aand

Die Naboom Tehuis vir Bejaar­des het weer ’n ge­sellige sirkel-sop-aand vir hul in­wo­ners en die gemeen­skap van Mook­go­phong aange­bied.

Die gesellige ete met heer­like sop en vars brood is op Vrydag 14 Junie om 18:00 gehou.

Daar was 120 vro­like gaste wat die verskei­den­heid sop en ver­maak geniet het. Die heer­like sop was alles sken­kings en het gewissel van ’n lekker dik groente­sop, ’n luukse bil­tong­sop, spek-en-ertjie­sop, romerige pam­poen­sop en noedel­sop met vleis in. ’n Ver­skeiden­heid vars tuis­gebakte brode en rolle­tjies is saam met die sop bedien.

Hercules Louw (snr.), bestuur­der van die tehuis, het die aand as sere­monie­mees­ter opge­tree. Hoërskool Hans Strijdom se Drama Akademie, onder lei­ding van An­toinette Viljoen, het die gehoor ver­maak met mono­loë, prosa, poësie en selfs ’n paar sang­items.

“Dit is ’n groot voor­reg vir die Drama Aka­demie om deel te wees van gemeen­skaps­projekte soos hierdie. Die Aka­demie is juis op die been gebring om kul­tuur onder die jeug en in die gemeen­skap te bevor­der,” het Viljoen aan Die Pos gesê.

Dit was ’n koue winters­aand, maar die jongste in die groep, die vierjarige Chloé Viljoen, het die gaste en be­jaardes se harte warm laat klop met haar prag­tige sang­item en gedrama­tiseerde poësie.

Die Drama Akademie tree op Maan­dag 22 Julie by die Bosveld-­kunste­fees in Moko­pane en in Augus­tus by Laer­skool Eugène N. Marais in Mook­go­phong se kultuur­fees op. Viljoen het in Februarie met die Aka­demie begin en leerders is baie opge­wonde oor die toekoms van die drama­groep.

Related Articles

Back to top button