Local newsNews

Diere nie geslag omdat toerusting buite werking is

Die var­ke het 'n gemiddeld van 2,5 kg elk ver­loor in die tyd dat hul­le son­der kos was. Dit het ’n ef­fek op in­koms­te.

’n Boer van Mo­di­mol­le was op Woens­dag 5 Ju­nie erg ont­sto­ke toe hy be­sef dat sy var­ke reeds se­dert die Maan­dag­og­gend son­der kos by die slag­pa­le in die dorp staan.

“Al is die die­re daar om ge­slag te word, be­han­del ’n mens hul­le da­rem or­den­te­lik,” het Eben van der Walt ge­sê. Hy het voer vir sy se­we var­ke gaan koop.

Meer as 50 an­der var­ke het ook in ver­skil­len­de hok­ke ge­staan en wag. Die hok­ke was skoon en daar was drink­wa­ter be­skik­baar.

Die var­ke sou, vol­gens Van der Walt, die Maan­dag ge­slag ­word.

“Ek het Maan­dag­mid­dag ’n op­roep ge­kry dat die die­re eers Dins­dag ge­slag sou word om­dat ’n ma­sjien ge­breek het.”

Hy het Woensdag besef dat sy diere nog al die tyd sonder kos gestaan het toe hy die vleis wou oplaai. Van der Walt sê hy skat dat sy var­ke gemiddeld 2,5 kg elk ver­loor het in die tyd dat hul­le son­der kos was. Dit het ’n ef­fek op sy in­koms­te.

John Ko­ka, be­stuur­der van die slag­pa­le, het by navraag ver­dui­de­lik dat die vark­pot (scalding pot) wat gebruik word om die ha­re van die var­ke se vel­le af te skraap, se ele­ment stuk­kend was en dat hul­le moes wag vir ’n elek­tri­siën om dit te ver­vang.

“Vol­gens die Wet op Vleis­vei­lig­heid van 2000 moet die die­re rus op die dag voor­dat hul­le ge­slag word. Ons moet net ver­se­ker dat hul­le drink­wa­ter het. Dit is ook win­ter, wat dit mak­li­ker vir die var­ke maak. Ons begin slag so gou as wat die vark­pot weer in wer­king is.”

Al die var­ke is Woens­dag­mid­dag ge­slag.

“Ons het die eie­naars van die die­re ge­kon­tak en ge­sê hul­le kan hul die­re kom haal. Na­dat ons die si­tua­sie ver­dui­de­lik het, het hul­le be­sluit om hul die­re hier te los totdat ons kan slag,” het Ko­ka ge­sê.

Ben­ja­min Si­thole, ’n in­spek­teur van die die­re­be­sker­mings­ver­eni­ging in Mo­ko­pane, het deur­ge­ry om die kwes­sie te on­der­soek. “Toe ek Woens­dag op­gedaag het, het die teg­ni­kus pas aan­ge­kom. Die pro­ses is glo met ’n dag ver­traag weens die ge­breek­te toe­rus­ting. Die slag­pa­le is nie in­ge­rig om die­re te voer nie. Ek het daarop aangedring dat die varke onmiddellik geslag word en ge­wag tot­dat mins­tens die helf­te ge­slag is en ons se­ker is die pro­ses is aan die gang,” het hy ge­sê.

Related Articles

Back to top button