Local newsNews

Wat dink hierdie Valies van Vadersdag?

Vadersdag word op Sondag 16 Junie gevier.

Die Pos het vandeesweek by Laerskool Vaalwater gaan inloer om by die jongspan te hoor wat hulle oor hul pa’s te sê het.

 

Anica Janse van Vuuren (gr. 2) het geen twyfel oor wie haar held is nie. Sy vertel: “My pappa boer met wild en hy werk baie in die son. Hy is baie lief vir my.”

 

Piet Mpete (gr. 6) sê: “My pa probeer my leer om altyd die regte ding te doen. Dit maak my trots op hom. Ek hou baie van hom.”

 

Johané Morgenstern (gr. 3-leerder van Laerskool Vaalwater) het aan Die Pos gesê haar pa is haar held. “Hy kan karre regmaak en hy werk altyd aan enjins; dan word sy hande baie vuil. Partykeer wys hy vir my ook wat om te doen en dan word my hande ook vuil.”

 

Mignon Stoltz (gr. 3-leerder van Laerskool Vaalwater) se ogies blink as sy oor haar pa gesels. “My pa doen alles vir ons. Hy is net die beste,” sê sy.

Related Articles

Back to top button