Local newsNews

Bela-Bela-man se boerderydrome bewaarheid

“Daar was so­veel on­se­ker­heid oor my toe­koms. Daar was net nie geld vir u­ni­ver­si­teit­stu­dies nie, maar ek was vas­be­ra­de om dit bloot as ’n hekkie en nie ’n strui­kel­blok te be­skou nie.”

Ra­nier van Heer­den (24) van Be­la-Be­la het aan die ein­de van 2013 met ’n ma­triek­ser­ti­fi­kaat van Hoër­skool Warm­bad in die hand en dui­sen­de vrae gewon­der wat die toe­koms vir hom inhou.

Nou, ná ses jaar se bid en har­de werk, is hy ’n voe­ding­kun­di­ge in die land­bou­be­dryf wat in her­kou­er­voe­ding spe­sia­li­seer. Hy is meer spesifiek gemoeid met die invloed wat wei­ding, pro­teï­engehalte en a­mi­no­suur­aan­vul­lings op melkkoeie se produksie het.

“Daar was so­veel on­se­ker­heid oor my toe­koms. Daar was net nie geld vir u­ni­ver­si­teit­stu­dies nie, maar ek was vas­be­ra­de om dit bloot as ’n hekkie en nie ’n strui­kel­blok te be­skou nie.”

Hy het ongeveer twee jaar ná skool vir ’n myn­on­der­ne­ming in Nor­tham ge­werk om geld te spaar om te gaan stu­deer. Toe kom die op­roep van die At­ter­bury Trust Groep wat hom die geleentheid gegee het om ’n studiebeurs te bekom.

“Die op­roep het al­les ver­an­der. Ek het in 2014 be­gin om vir ’n BSc.Agric-graad (Vee­kun­de) by die Universiteit van Pretoria (Tuks) te stu­deer. Vee­kun­de was my keu­se, want ek het ’n pas­sie vir die­re, die na­tuur, boer­de­ry en ek het ge­voel my ver­moëns val ie­wers daarbinne.”

Hy het in 2018 be­gin met sy M.Sc. Agric (Voe­ding) en gefokus op die melk­pro­duk­sie van Jer­sey­koei­e en hoe hul voe­ding daar­op in­werk.

“Die land­bou­be­dryf is on­der ge­wel­di­ge druk van­uit ’n e­ko­no­mie­se-, so­sia­le- en om­ge­wingsoog­punt en daar word ge­reeld na ma­nie­re ge­soek om hier­die sek­tor meer doeltref­fend te be­stuur,” het hy ge­sê. “My stu­die is die eers­te van sy soort in Suid-Af­ri­ka, want daar is werk­lik geen na­vor­sings­li­te­ra­tuur hier­oor be­skik­baar nie.”

Van Heer­den het in Maart van­jaar na A­me­ri­ka ge­reis waar hy ’n stu­die­be­soek aan die Da­vis-kam­pus van die U­ni­ver­si­teit van Ka­li­for­nië, een van die wê­reld se top­vee­art­se­ny­kun­de-u­ni­ver­si­tei­te, af­ge­lê het.

Hy het dié ge­leent­heid deur die Wes-Kaap­se departement van land­bou se na­vor­sings­trust en ’n pri­vaat on­der­ne­ming ont­vang om waar­de­vol­le da­ta oor­see by­me­kaar te maak.

“Dit was ’n on­ge­loof­lik in­te­res­san­te en leer­sa­me er­va­ring. Die skaal waar­op boer­de­ry daar plaas­vind en die na­vor­sings­ge­leent­he­de is in­druk­wek­kend,” het hy ver­tel.

“Ek het met melk­pro­du­sente gewerk wat op e­ni­ge tyd van die dag meer as 9 000 koei­e in een omgewing ge­had het. Ek het wonderlike mense ontmoet wat hul ondervinding en kundigheid oor my studie-onderwerp met my gedeel het.”

Sy plan­ne vo­ren­toe is om vee­boe­re met di­eet­pro­gram­me vir be­ter pro­duk­ti­wi­teit te help ter­wyl hy steeds op na­vor­sing sal fo­kus. Hy studeer tans verder en boer saam met sy broer, Carel, met boer­bok­ke bui­te die dorp.

“Ek is ver­al dank­baar teenoor my fa­mi­lie. Die be­lang­rik­ste les wat my ou­ers, Piet en Fre­d­ri­eka, my ge­leer het, is dat al­les in ’n mens se le­we met ’n doel ge­beur en dat ’n mens al­tyd die bes­te weer­ga­we van jou­self moet wees. Ook om eer­lik en lo­jaal te bly,” het hy ge­sê.

“Die studiegeleent­heid het nie net my dro­me bewaarheid nie, maar my ook aan­ge­spoor tot nu­we hoog­tes. Bydraes soos hierdie het ’n sneeu­balef­fek wat dui­sen­de stu­den­te en vi­sioe­nê­re men­se se le­wens kan ver­an­der.”

Related Articles

Back to top button