Local newsNews

Gemeenskap maak harte oop vir Stefani

Die Be­la-Be­la-ge­meen­skap is be­kend vir hul ruim harte en meelewing.

’n Groot groep inwoners het op Don­der­dag 16 Mei aan die wê­reldwye Congenital Disorders of Glycosylation (CDG)-veld­tog by Hoër­skool Warm­bad deel­ge­neem.

Op die fo­to staan die deel­ne­mers gereed vir die wegspring van die onderskeie wedlope.

 

Die ge­leent­heid is aangebied om geld in te sa­mel vir Ste­fa­ni van Schalk­wyk (4) van Be­la-Be­la wat met dié siekte ge­diag­no­seer is.

CDG is ’n ern­sti­ge ge­ne­tie­se toe­stand wat ver­oor­saak dat die pa­siënt nie kos reg kan ver­teer nie en al­le or­ga­ne word daardeur beïn­vloed.

Haar ou­ers, Theunis en Chan­telle, was baie dankbaar oor die opkoms. Deel­ne­mers kon 3 km, 5 km of 10 km ­stap of ­hard­loop.

Related Articles

Back to top button